DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
REKEN JOUSELF LEWENDIG IN
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
“Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here” (Romeine 6:10-11).
Die woord “reken” in die Skrif hierbo is “logizomai” in Grieks. Dit is ’n rekenkundige term. Dit beteken om iets te tel, of aan te teken dat dit so is; om die som te maak of te nommer. Markus 15:28 sê byvoorbeeld dat Jesus onder die oortreders ‘getel’ (gereken) is. Jesus was nie ’n oortreder nie en tog het Hy tussen twee diewe gesterf. Hy is onder die oortreders getel.
Nou sê die Bybel: “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel” (Romeine 6:4). Toe Jesus gesterf het, het ons in en saam met Hom gesterf, omdat Hy in ons plek gesterf het. Hy was aan die kruis namens elkeen wat ooit hierdie wêreld binnegekom het en wat ooit hierdie wêreld sal binnekom.
Dit is waarna ons tema-vers verwys: “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” Daarom kan jy nou verklaar: ‘Ek is dood vir die sonde en ek leef vir God!’ Dit moet jou konstante belydenis van die Woord wees. Jy voel miskien nie naby aan God nie, maar die vraag is: “Is jy wedergebore?” Indien wel, neem dit dan in ag, dink daaraan dat alles wat Jesus gedoen het vir jou was
In plaas daarvan om te sê: “Ek is so swak, ek is nie in staat om versoekings te weerstaan soos ander Christene nie,” ”reken” of beskou jouself as dood vir die sonde! Moenie dink, praat, of optree soos iemand wat met sonde sukkel nie. Verander jou denkwyse en aanvaar wat Jesus namens jou gedoen het. Hierdie ingesteldheid sal jou bemagtig om reg te leef!
Gebruik jou verstand! Onthou dat jy dood is vir die sonde. Laat dit nou jou mentaliteit wees. Dit is die praktiese manier om in ooreenstemming te wees met hoe God jou sien en hoe Hy oor jou dink. Jy was in Christus toe Hy gesterf het, jy was in Hom toe Hy begrawe is en jy was in Hom toe Hy jou uit die dood opgewek het. Hy sien jou nou lewendig in Hom. Prys die Here!
BELYDENIS
Ek is lewend vir God en ek behoort aan die Koninkryk van God se dierbare Seun, waar ek heers en regeer deur die krag van die Gees! Ek wandel in die voltooide werke van Christus, want ek is die direkte begunstigde van sy plaasvervangende offer. Ek is sterk, want Hy is sterk! En ek leef omdat Hy lewe! Geseënd is God.
VERDERE STUDIE:
Efésiërs 2:1; Romeine 6:4; Romeine 6:10-11 NIV
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 196:
Users – 2
Guests – 194
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)