DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD IS INDERDAAD VOEDSEL
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
“Want my liggaam is die ware geestelike voedsel en my bloed die ware geestelike drank” (Johannes 6:55 DB).
Daar is mense wat steeds uitroep tot God om hulle weer te vul, om hulle geestelike dors of honger te bevredig. Dit is ’n ongegronde uitroep en lewer dalk nie eens resultate nie. Hy het geweet dat ons honger was en Hy het die Brood van die lewe uit die hemel gestuur. Elke Christen wat God vandag smeek en uitroep om vervul te word, mors sy of haar tyd. Toe Jesus gesê het: “Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word” (Matteus 5:6), was dit bloot die inleiding van sy boodskap aan die Jode; die Nuwe Testament het nog nie begin nie. Hy het nie met Christene, nuwe skepsels, gepraat nie.
In Johannes 6:35 het Jesus vir hulle gesê: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger word nie; en wie op My vertrou, sal nooit weer dors kry nie.” Daardie brood is beskikbaar vir almal wat na Hom toe kom. Die vraag is dan: het jy na Hom toe gekom? As jy wedergebore is, het jy, ja! Jy is deur die Nuwe Geboorte nou in Hom, so hoekom is jy nog honger? Die Brood het gekom; Jesus is die Brood uit die hemel (Johannes 6:41).
Ons lees ook in ons temavers dat sy Woord die brood is, want Jesus en sy Woord is een. Johannes 1:14 sê: “En die Woord het mens geword en by ons kom woon…” Wat moet jy dan doen as jy geestelike honger ervaar? Hoe word jy gevul? “Eet” die Woord; onderwerp jou aan die bediening van die Woord van God. Selfs nou, terwyl die Woord van God in hierdie dagstukkie na jou toe kom, word jy gevoed; jy word geestelik gevoed.
Die Bybel sê: “…’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond” (Matteus 4:4). In plaas van sing en uitroep: “Here, ek is honger vir U” elke keer wanneer jy honger voel, bestudeer eerder die Skrif, want slegs die Woord van God versadig jou honger. Nou kan jy verstaan waarom die profeet gesê het: “Toe U gepraat het, het ek noukeurig geluister. Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak. Dit het my opgewonde gemaak om te weet dat ek aan U behoort, o Here, God, die Almagtige” (Jeremia 15:16).
BELYDENIS
My honger is gestil deur die Woord van Christus wat ryklik, in alle wysheid en geestelike begrip, in my woon. My lewe gaan net opwaarts en vorentoe. Ek is vrugbaar in elke goeie werk namate die kennis van God in my toeneem, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
Johannes 6:35; Handelinge 20:32; 1 Petrus 2:2
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 114:
Users – 2
Guests – 112
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)