DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERSTAAN EN SPREEK DIE WOORD
My volk word verwoes omdat hulle My nie ken nie (Hosea 4:6 NLV).
Sommige Christene se ervaring in die lewe is in teenstelling met hul geloof en die Woord God. Byvoorbeeld: Hulle glo dalk dat hulle, as Christene, nie veronderstel is om onderdruk te word deur die Satan nie, tog ervaar hul sataniese aanvalle en manipulasie. Hulle glo dat hulle nie veronderstel is om siek te wees, of gebreke in hul liggame te hê nie. Tog ervaar hul selde goeie gesondheid. Iets is verkeerd.
Daar is twee belangrike areas om te ondersoek as daar teenstrydighede voorkom. Eerstens, akkurate begrip van die Woord. In Matteus 13 lê Jesus klem op die belangrikheid van begrip, deur middel van die gelykenis van die saaier (Matteus 13:3-9).
In sy interpretasie van die gelykenis het Hy verduidelik dat die saad wat langs die pad geval het diegene is wat die Woord van God hoor en dit nie verstaan nie. As gevolg van hul tekort aan begrip, kom die Satan dadelik en steel die Woord uit hul harte (Matteus 13:19). Akkurate begrip van die Woord is só belangrik. Wanneer jy die Woord verstaan, is jy in staat om dit reg toe te pas om die regte resultate te skep vir jou. Spreuke 4:7 NLV sê: “…Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom.”
Die tweede ding is jou kommunikasie – die woorde wat jy spreek. As jou woorde teenstrydig is met die Woord van God sal jou lewe, wat ’n uiterlike manifestasie van jou woorde is, ook teenstrydig wees. Dawid sê: “…my tong is soos die pen van ’n vaardige skrywer” (Psalm 45:1 NLV). Jou tong is die pen wat God se Woord op jou hart skryf. Wat jy sê, staan geskryf op jou hart en uit daardie oorvloed spreek jou mond.
Bestudeer en luister altyd na die Woord. Bombardeer jou gedagtes en jou gees met die Woord en spreek dan dienooreenkomstig! Jou lewe sal ’n openbaring wees van die Woord. Prys God!
BELYDENIS
Dit is my beskore om die Woord en die geheimenisse van die Koninkryk te verstaan. Selfs nou, is God se Woord effektief in my om voort te bring wat dit sê. Ek werk in heerlikheid en voortreflikheid om die genade van God te openbaar in my wêreld, in oorwinning, sukses en vooruitgang. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
Josua 1:8; Markus 11:23; Handelinge 20:32; Efésiërs 1:17-18
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 184:
Users – 0
Guests – 184
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)