DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERSTERK DEUR DIE HEILIGE GEES
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
“Daarom kniel ek voor die Vader. Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word” (Efesiërs 3:14-16).
In ons temavers het die apostel Paulus deur die Gees gebid dat die Christene in Efese met krag in hul innerlike mens versterk sou word. As Paulus só vir hulle gebid het, moet dit beteken dat hy geweet het wat dit beteken om versterk te word en dat hy homself moes versterk. Dus het hy nie probeer om God so vêr te kry om ’n belofte na te kom, of om iets te doen wat ons as Christene nie het nie.
Waarom het Paulus dan vir die heiliges in Efese gebid? Omdat die mense nog nie volle kennis gehad het oor die goddelike mag wat in hulle gewerk het, deur die inwoning van die Heilige Gees, nie. Dit was om hulle bewus te maak van die goddelike energie, die bonatuurlike krag van die Gees wat in hulle gewoon het. Hierdie ‘versterking’ het nie uit die hemel gekom nie, maar deur die Gees van God wat alreeds in hulle woonagtig was. Hy wou hê dat hulle die bediening van die Heilige Gees in hulle moes verstaan en in sy mag moes wandel.
Daar is ’n Gees in jou wat jou versterk. Daardie Gees gee jou bonatuurlike krag; die vermoë om te presteer. Halleluja! Daarom moet jy nooit bely, of aanvaar dat jy swak is nie. Daar is geen swakheid in jou lewe nie, want die Heilige Gees, die verpersoonliking van alle heerlikheid, heerskappy en krag, woon in jou in al sy volheid. Geen deel van jou liggaam is vatbaar vir siektes, kwale, krankhede, of die Duiwel nie. Die Heilige Gees in jou hou jou gees, siel en liggaam lewendig.
Romeine 8:11 verklaar: “Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon.” Dit is nie meer ’n belofte nie, maar ’n huidige werklikheid. Eer aan God!
BELYDENIS
Elke vesel van my wese word gevoed met wonderwerkvermoë; ek word versterk en bekragtig deur die Heilige Gees in my innerlike mens; ek is bekwaam vir enige taak. Ek is bewus van sy goddelike mag wat kragtig in my werk en ek funksioneer daarmee. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
Efésiërs 6:10 AMPC; Filippense 4:13; Kolossense 1:9-11
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 211:
Users – 4
Guests – 207
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)