DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VOLMAAK EN VOLKOME IN HOM
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
Épafras wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God
(Kolossense 4:12).
In die vers hierbo is die woorde “volmaak” en “volkome” uitruilbaar. Met ander woorde, in die plek van “volmaak” hierbo, kon jy ook ‘’volkome’’ gebruik het en visa versa. “Volmaak” het hier te make met volharding, om staande te bly. Dit beteken ook volwasse. Om ’n toestand van perfeksie of volwassenheid te bereik – om volgroeid te wees. Dit is ’n plek van volheid. Volheid van begrip, wysheid en kennis – volheid van die Gees. Halleluja!
Epafras het dus, deur die Gees, gebid vir die Christen in Kolosse om daardie punt van volwassenheid te bereik, om onwrikbaar te staan, volkome en volmaak in Christus. Dit is God se wil vir jou lewe. Hy wil hê jy moet ’n volgroeide Christen wees – volwasse om die dinge van God te doen.
Hoe meer geestelik volwasse jy is, hoe meer kan jy eintlik God se droom vir jou lewe vervul. Stel daarom vir jouself ’n doelwit vir jou geestelike groei.
Sê vir jouself: “Ek gaan groei. Ek gaan ’n punt van volwassenheid bereik waar ek net geestelik kan dink – soos ’n volwassene in Christus dink – en vol is van God se Woord en voortgaan om dit uit te voer.
Efesiërs 4:12-13 (NLV) sê God het bedieningsgawes vir hierdie doel aan sy Kerk gegee: “…om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen.”
As dit nie moontlik was vir ons om aan die standaard van Christus se volmaaktheid te voldoen nie, sou God nie vir ons gesê het om daarna te streef nie. Hierdie is sy droom. So, streef daarna deur die Woord te bestudeer en passievol te bepeins en onderwerp jouself aan die bediening van die Heilige Gees.
BELYDENIS
In Christus woon al die volheid van die Godheid liggaamlik en ek is volkome in Hom wat die hoof van alle owerheid en mag is. Ek lewe die voortreflike lewe in Christus: stabiel, staande en gevestig in die geloof terwyl ek voortdurend wandel in die lig van die Woord. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
Efésiërs 4:14-15; Hebreërs 5:14
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 266:
Users – 4
Guests – 262
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)