DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEET WIE JY IS EN LEEF DAARVOLGENS
Sodat Hy die kerk in al sy skoonheid voor Hom kan stel, nie met enige vlek of plooi of enige ander onsierlikheid nie, maar aan God toegewy en onberispelik (Efesiërs 5:27).
As Christene verskil ons van diegene in die Ou Testament. In die Ou Testament is hulle geroep om die Woord te gehoorsaam, maar in die Nuwe Testament is ons Woord-beoefenaars; ons is die uitdrukking van die Woord; dit word die spieël-beginsel genoem. God se idee is dat as Hy jou wys wie jy is, jy daarvolgens sal leef.
As jy dus ’n vers soos Efesiërs 4:25 raaklees: “Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat…” tree presies op soos Hy gesê het, deur die leuen af te lê. Die spieël wys jou dat jy iemand is wat die leuen aflê, so doen dit. Dit is nie ’n gebod nie. In die Ou Testament was dit ’n gebod om nie te lieg nie, maar in die Nuwe Testament pas ons die Woord toe en wandel ons in die waarheid. Die Bybel sê: “…dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie…” (1 Timoteus 1:9 – 1953 Vertaling) en ons is God se regverdiges (Romeine 1:17).
In die Ou Testament het Hy vir hulle wette gegee, maar in die Nuwe Testament het Hy sy natuur en sy lewe van geregtigheid aan ons gegee sodat ons reg kan lewe. Dit verklaar waarom, as jy iets doen wat nie ooreenstem met jou natuur van geregtigheid nie, jou hart ontsteld is. Jou eie gees stel jou in staat om dit te bepaal en beoordeel, vanweë sy lig in jou. Dit is waarom ons geregtigheid verkondig, sodat God se mense bewus kan word van wie hulle in Christus is en daarvolgens kan leef.
BELYDENIS
Ek is die geregtigheid van God in Christus Jesus, onberispelik in sy oë. Ek is bewus van hierdie natuur van geregtigheid in my gees, daarom produseer ek elke dag werke van geregtigheid; ek wandel in volmaaktheid en in die Vader se liefde. Amen.
VERDERE STUDIE:
Kolossense 1:20-22; Jakobus 1:22-25
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 118:
Users – 1
Guests – 117
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)