DAILY DEVOTIONAL SOUTH AFRICA GODS WORD FOR TODAY BAPTISED INTO CHRIST DAGSTUKKIE UIT DIE BYBEL

DAGSTUKKIE UIT DIE BYBEL:
IN CHRISTUS GEDOOP

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkie uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Bybelvers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realitiete van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie.

Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel (Romeine 6:3-4).

Dit is belangrik dat ons verstaan wat bedoel word met die stelling: “…in Christus Jesus gedoop…” in die bogaande Skrifgedeelte. Dit is anders as om iemand onder die water te dompel om hom te doop. Die waterdoop is simbolies: wanneer jy gedoop word, onder die water gedompel word, verklaar jy dat jy jou met die Here in sy plaasvervangende dood en begrawing vereenselwig. Jy kom op uit die water soos Hy uit die dood opgestaan het.

Die onderwerp in Romeine 6 is nie waterdoop nie. Dit is die dompeling van die gelowige in Christus in, wanneer hy sy Heerskappy en geloof in sy opstanding verklaar. In 2 Korintiërs 5:17 het die apostel Paulus die term “in Christus” gebruik waar hy verklaar het: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel.” Jy word een met Hom! God sien jou in Jesus Christus. Wanneer ons sê dat ons in Christus is, is dit nie soos om iets in ’n houer te hê nie, maar liewer dat ons onlosmaaklik aan Hom verbind is, een Gees met Hom (1 Korintiërs 6:17).

Efesiërs 5:30 sê: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5). Dit beteken ons is van dieselfde stoffasie as Hy. Jy het Christus se uitdrukking geword. Dis hoe jy behoort te dink. 1 Korintiërs 12:13 sê: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam…”; daardie liggaam is Christus.

Nou dat jy in Jesus Christus gedoop is sê die Bybel dat jy dienooreenkomstig moet leef: “sodat…ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel” (Romeine 6:4). Leef met vrymoedigheid. Wees absoluut vreesloos, met die wete dat jy en Christus een is. Met Hom is jy onverslaanbaar—maak jy altyd vordering. Halleluja!

BELYDENIS

Ek is onlosmaaklik een met Christus, want in Hom leef en beweeg en is ek! Ek is die verpersoonliking en uitdrukking van sy heerlikheid en goddelikheid. My onlosmaaklike eenheid met Hom maak my bonatuurlik, ondeurdringbaar vir siektes, kwale en krankhede. Maak nie saak wat na my kant toe kom nie, ek is dapper en vreesloos! Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

Handelinge 17:28; 1Korinthiërs 12:13; Galásiërs 3:27

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *