Daily Devotional: IMPACT YOUR WORLD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
BEÏNVLOED JOU WÊRELD

Verder, sê vir Argippus: Maak seker dat jy die bediening uitvoer wat jy in diens van die Here aanvaar het (Kolossense 4:17).

Jy is gebore vir God se heerlikheid. Jy is geskape om n buitengewone lewe te lei wat God behaag en jy kan nie so ’n lewe lei sonder om ‘n impak te maak nie. Gaan dus voort en maak ‘n verskil in jou wêreld met die evangelie. Dit is die belangrikste en mees effektiewe boodskap ter wêreld; dit red en verander lewens oraloor. Halleluja!

Romeine 8:19 sê: “Die skepping smag na daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel.” In Matteus 5:16 het Jesus gesê: “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” Jou ware doel op aarde is om God se heerlikheid te openbaar en sy koninkryk te vestig in jou huis, straat, werkplek, skool en omgewing. Dit maak glad nie saak hoe oud jy is nie; jy kan ’n verskil maak in jou wêreld. Jy het wat nodig is — Die Heilige Gees! Wanneer jy met Hom gemeenskap hou en in die kerk funksioneer, sal jy ontdek wat Hy wil hê jy moet doen – jou spesifieke doel in Hom en hoe presies Hy wil hê dat jy moet lewe. Hy maak mense groot op wie Hy kan vertrou; Hy bou hulle op deur die Woord. Wees een van hulle.

Hy laat jou dalk nie met iets groots begin nie, maar bly getrou in alles wat Hy in jou hande gee. As jy in min getrou is, sal Hy jou met baie vertrou. Onthou, jy is sy ambassadeur in hierdie wêreld, met die doel wat God bepaal het, om jou wêreld te verlig en ander met die Christus-lewe te beïnvloed! Dis jou roeping; dis jou doel; dis jou lewe! Christus in jou, die hoop op die heerlikheid.

GEBED

Liewe Vader, dankie dat U my tot ’n impakvolle lewe geroep het en dat U my die grootste bate van almal gegee het – die Heilige Gees – om my te help om in u wil en doel vir my lewe te wandel. U het my in Christus Jesus geskape vir goeie werke wat U van die grondlegging van die wêreld af bepaal het ek in sou wandel. En nou, deur u Gees, is my hele lewe ’n strewe na u doel en om die troon van u koninkryk in mense se harte te vestig, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 2:10 AMPC; Handelinge 26:16 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *