DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: BEWAARDERS VAN DIE BOODSKAP WAT WERK

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
BEWAARDERS VAN DIE BOODSKAP WAT WERK

Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? (Romeine 10:14).

Stel jou voor dat ’n boodskap aan jou toevertrou is—die enigste boodskap wat die verlossing mense waarborg en wat die wêreld kan verander! Hierdie heerlike evangelie van die geseënde Here Jesus Christus is aan jou toevertrou (1 Timoteus 1:11). Jy is die rentmeester van die geheimenisse van Christus en jou trouheid is ’n vereiste (1 Korintiërs 4:2).

Moenie ontrou wees in die vervulling van jou bediening in die evangelie nie, moet dit nie ligtelik opneem nie. Jy kan vandag ’n siel wen. Dit is die eindtyd; moenie hoop dat mense op ’n manier van Jesus sal hoor en in Hom sal glo nie, doen iets daaraan. Dra self die boodskap uit. Raak meer passievol oor die evangelie!

Die evangelie van Christus maak sondaars regverdig. Dit slinger die armoedige van duisternis, gebrek en ellende na ’n lewe van voorspoed, heerlikheid en uitmuntendheid. Dit is die krag van God vir verlossing vir almal wat glo (Romeine 1:16). Maar hulle kan nie hoor en glo sonder ’n prediker nie.

Die sieke moet weet dat daar ’n verlosser en geneser is wat hom ’n nuwe lewe gee, ’n lewe wat goddelik is; verhewe bo siekte. Dit is sulke heerlike nuus, maar jy is die een op wie Hy vertrou om dit oral te verkondig.

Om sonder Christus te leef is om sonder God te leef; in verdoemenis. Dit is waarom jy vurig moet wees in gees en die evangelie moet verkondig (Romeine 12:11). Jy is gestuur om die lig van die evangelie te neem na diegene wat in die duisternis leef (Handelinge 13:47). So, moenie terughou nie, moenie verskonend wees nie. Wees vol vrymoedigheid en dapper en erken dat jy die bewaarder is van die boodskap wat werk.

GEBED

Geseënde Vader, ek bid vir almal wat vandag die evangelie gaan hoor, dat die boodskap vir hulle ’n aanwins sal wees en verlossing tot gevolg sal hê. Ek vier u geregtigheid en heerlike krag wat vandag regoor die wêreld onthul word, deur die verkondiging van die evangelie. Baie mense word uit die duisternis na die heerlike lig gebring, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Handelinge 4:12; Romeine 1:16 AMPC; 2 Korinthiërs 5:19-20

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *