DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: CHRISTUS: DIE MAATSTAF VIR GEREGTIGHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
CHRISTUS: DIE MAATSTAF VIR GEREGTIGHEID

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige” (1 Johannes 2:1).

1 Johannes 3:9 Sê: Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie…”  Sommige mense verstaan dit verkeerd en sit oploop met die idee dat alles wat hulle doen reg is, want hulle is Christene en daarom kan hulle nie sondig nie. Ja, sonde is nie verpligtend vir ’n Christen nie, maar ons beoordeel geregtigheid nie volgens wat ’n Christen doen nie; ons beoordeel geregtigheid volgens die lig van Christus en sy Woord.

Die Bybel verwys daarna om in die lig te wandel soos Hy in die lig is (1 Johannes 1:7). Hoe strook jou dade met God se korrektheid? Dis hoe jy reg en verkeerd onderskei. As jy verklaar dat alles wat jy doen reg is, maak dit jou die maatstaf van reg en verkeerd. Maar jy is nie die maatstaf van geregtigheid nie.

Ons lees byvoorbeeld in 1 Korintiërs 2:16: “…ons is ingestel om soos Christus te dink” dit beteken nie dat elke gedagte in jou hart reg is nie. Ja, ons het God se geregtigheid, maar Hy sê in Romeine 12:2 vir ons: “Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.” Al is jy wedergebore moet jou gemoed steeds vernuwe word.

Kom ons kyk weer na ons temavers. Dit lui: “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie…” As dit vir jou onmoontlik was om te sondig sou Hy nie gesê het: “…ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie.” Maar ter selfde tyd laat Hy jou weet dat dit nie verpligtend is om te sondig nie; jy hoef nie te sondig nie. Dis die rede vir die daaropvolgende stelling: “As iemand egter sonde doen” in plaas van: “wanneer iemand sonde doen.” Hy skep ’n balans.

Moenie gaan van die een uiterste van: “Sonde is verpligtend solank ons in die vlees is” na die ander uiterste van: “Wat ook al ek doen, is reg” nie, nee! Jou dade, gedagtes, optrede, antwoorde en reaksies moet strook met God se Woord, met die geregtigheid van God, want Hy is die maatstaf vir geregtigheid. Halleluja!

GEBED

Liewe Vader, dankie vir u genade en die krag van geregtigheid wat in my werk! Ek leef sondevry en sonder sonde-bewustheid, ek dra vrugte van geregtigheid en doen goeie werke, ek openbaar Christus se liefde vandag en altyd, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Romeine 6:1-2; 1 Johannes 2:29 AMPC; 2 Korinthiërs 5:21

 

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *