DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: "CHRISTUS IN JOU"— DIE EEN DING WAT NODIG IS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
"CHRISTUS IN JOU"— DIE EEN DING WAT NODIG IS

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“God het besluit om aan Sy eie mense die geheim te vertel…veral vir nie-Jode… Dit is Christus is in julle, julle hoop op die heerlikheid” (Kolossense 1:27).

Sommige mense kla dat hulle alles gedoen het wat hulle kon en tog is hul lewens nie ’n weerspieëling van die realiteite van God se Woord nie. Hulle vra vrae soos: “Wat meer moet ek doen om voorspoedig te wees?” “Wat meer moet ek doen om gesond te word?” Hulle word gekonfronteer met hierdie en ander vrae waarop hul antwoorde soek.

Ek het iets te sê hieroor en dit is baie belangrik. Eendag het ek hierdie wonderlike gesprek met die Here gehad oor die wonderlike dinge wat die profete in die Ou Testament gedoen het en die wonderlike vermoë wat Hy aan sy kinders gegee het. Soos ek hierdie dinge oordink het, deur die Skrif gekyk het, het ek gewonder: “Wat wil God hê? Wat is sy plan? As ons Hom vir enigiets kon vra, waarvoor moes ons hom vra?”

Toe sê die Here vir my: “Enige iets goeds wat jy ooit kon begeer is niks in vergelyking met die ‘een ding wat nodig is’, wat jy reeds het nie – Christus in jou!” Christus in jou dek alles, dit is die grootste ‘ding’ wat ons by God gekry het. Jou erkenning van hierdie waarheid sal die honger en begeerte na enigiets anders beëindig. Jy sal dit amper dwaas vind om God vir enigiets anders te vra.

As jy net kan aanvaar dat Christus sy intrek in die kamers van jou hart geneem het, sal dit jou lewe verander. Alles wat Hy gee is in Hom. Alles wat Hy is, is in Hom. Onthou, die volheid van die Godheid – die totaliteit van goddelikheid – wandel in Christus Jesus en ons is volkome in Hom. As dit waar is, wat meer wil jy hê?

Dit is waarom Paulus gesê het: “Alles behoort aan julle; die wêreld is julle s’n” (1 Korinthiërs 3:21-22). Wanneer jy dit besef, word die wêreld so klein vir jou. Sodra jy hierdie vrymoedigheid het, word jy so sterk, jy sal nie bang wees vir die toekoms nie; geen vrees hê vir die duisternis, mislukking, of tekort nie, want in Hom het jy alles en het jy alles oorwin, want jy’s meer as ’n oorwinnaar. Geseënd is sy Naam vir altyd!

 BELYDENIS

Alles is myne. Ek het ’n gesonde, voorspoedige, lewendige en suksesvolle lewe, want Christus het sy woning in die kamers van my hart gemaak. Ek het niks om te vrees nie. Geen vrees vir die toekoms, die duisternis, of mislukking nie, want Christus in my is my versekering van ’n lewe van voortdurende oorwinning en ewige heerlikheid. Geseënd is die Here!

VERDERE STUDIE:

1 Korinthiërs 3:16; 1 Korinthiërs 6:17; Kolossense 2:9-10

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *