DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DANK GOD ALTYD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DANK GOD ALTYD

Terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus (Efesiërs 5:20).

Die menslike brein bestaan uit twee hoof dele: die linker- en die regterkant. Die linkerkant gebruik jy om te analiseer en berekeninge te doen en te beplan. Dit maak ook verskonings. Wanneer daar byvoorbeeld sekere take is wat jy moet afhandel en jy sê: “Ek is nie seker of ek die ding sal kan doen nie”, om een of ander rede, dan is dit die linkerkant van jou brein wat aan die werk is. Dit produseer redes vir sukses of mislukking.

Die regterkant van jou brein is die een wat spontaan  beelde  waarneem,  verbeeldings  skep en met antwoorde vorendag kom. Dit produseer kreatiwiteit, skoonheid en kleure. Maar ongelukkig, omdat die wêreld om ons meesal deur die sintuie beheer word, word ons geleer om meer te redeneer. Daarom maak meeste mense staat op die analitiese deel van hul brein (linkerkant) en die gevolg is dat hul nie kreatief is nie; hul produseer nie duidelike antwoorde nie.

Tog is dit belangrik om te weet dat die regterkant van jou brein wel geaktiveer kan word en een van die beste maniere om dit te vermag is wat God ons in ons temavers wys: “Terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank….” God weet, want Hy het jou geskape. Hy weet dat as jy altyd dankbaar is, sal jy ’n ingesteldheid van vreugde hê, ongeag jou omstandighede en sal jy in staat wees om met antwoorde en oplossings vorendag te kom. Hier sal jy kleure, skoonheid en die ligter kant van die lewe sien.

So, leer daarom om God altyd vir alles te dank. Dit maak nie saak dat jy in die skuld is, of dat baie mense wat jou geld skuld jou nie kan betaal nie; dank God! Jou verhuurder mag jou dalk kennis gegee het, dank God ongeag! Dalk het jy gehoor dat die maatskappy of organisasie waar jy werk besig is om mense af te dank en jou naam is op die lys, dank God! Ongeag sulke uitdagings, dank God!

Die Bybel laat ons weet dat ons in alles dankbaar moet wees, want dit is die wil van God in Christus Jesus vir ons (1 Tessalonisense 5:18). Hebreërs 13:15 sê: “Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Wanneer jy hierdie ingesteldheid het— die  danksegging-ingesteldheid—sal  jou  lewe  een van oorwinning, heerlikheid, vreugde en oneindige getuienisse wees. Halleluja!

GEBED

Geseënde Vader, U is genadig en goedhartig. Ek is uit die diepte van my hart dankbaar vir u guns, genade, wysheid en mag waardeur ek vandag in oorwinning leef, terwyl ek in alles wat ek doen floreer, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Thessalonicense 5:18 AMPC; 1 Kronieke 16:8-10

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *