Daily Devotional: THE NEW HEAVEN AND THE NEW EARTH

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE

Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie (Markus 8:36-37).

Wanneer ’n nuwe model, of produk, of toestel geadverteer word met baie beter kenmerke, sal die waarde van die huidige een gewoonlik daal, veral as dit uitgefaseer gaan word. Gewoonlik sal almal wat belangstel in die produk begin om voor te berei vir die nuwe een en die waarde wat hulle aan die oue heg, verminder.

Dit is hoe jy die huidige wêreld moet beskou. Dit gaan verbrand en vernietig word. ’n Nuwe Hemel en aarde wat die plek van die oue gaan inneem word in die Skrif bekendgemaak. Openbaring 21:1 sê: “Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie.” Die 4de vers sê: “Hy (God) sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.” Verse 18-19 sê: “Die boumateriaal van die muur is jaspis en dié van die stad self suiwer goud, so helder soos skoon glas. Die fondamentstene van die stadsmuur is met elke soort edelsteen versier….”

Die 23ste   en 25ste verse brei selfs verder uit:  “Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar. Die poorte van die stad sal bedags nooit gesluit word nie en daar sal nie meer nag wees nie.” Wat ’n beskrywing! Wat ’n plek om na uit te sien!  Jou fokus moenie wees op hierdie huidige wêreld wat vernietig gaan word nie.

Onthou Jesus se woorde in ons temavers: “Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?” Hierdie wêreld, wat vir seker vernietig en vervang sal word met ’n ander, is nie die verlies van jou siel werd nie. So, lei jou lewe vir die Here. Laat jou passie net om die evangelie van Christus draai – dat dit regoor die wêreld versprei word – terwyl ons wag op sy heerlike wederkoms.

BELYDENIS

Ek’s dood vir die wêreld en die wêreld is dood vir my, daarom fokus ek my liefde op die Here en sy ewige Koninkryk en het ek Hom lief met my hele hart. Die dinge van die Gees is vir my van groter belang as enigiets in hierdie wêreld. Ek leef elke dag met liefde vir die evangelie. Ek verkondig en versprei dit regoor die wêreld, deur die krag van die Heilige Gees.  Amen!

VERDERE STUDIE:

2 Timótheüs 4:10; Galásiërs6:14; Kolossense 3:1-2; 2 Petrus 3:12-14

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *