DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE ONTHULLING VAN DIE CHRISTUS LEWE IN JOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE ONTHULLING VAN DIE CHRISTUS LEWE IN JOU

Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid (Kolossense 1:27).

Christenskap is die uitwerking van die Woord van God in ’n mens. As Christen is jy na die beeld van Christus geskape; elke tree wat jy neem, behoort die uitdrukking te wees van die goddelike lewe wat in jou is. Dis hoe Jesus geleef het toe Hy op aarde was. Hy was die manifestasie van God; die uitdrukking van die goddelike lewe.

Jy is Christus in lewende lywe vir jou wêreld, jou familie, werkplek, woonbuurt, stad en land; daar waar jy is—is jy die Christus wat gesien word. Daarom moet jou woorde en dade, die lewe wat jy lei en die manier waarop jy die dinge doen wat jy doen, ’n uitdrukking wees van die Christus-aard in jou.

Wanneer mense na jou kyk, behoort hulle die heerlikheid van die nuwe skepsel te sien. Jy is ’n Goddraende kruik; dra vandag hierdie bewustheid saam met jou; dit is God se droom vir jou lewe. Ware sukses is wanneer God manifesteer en Homself uitdruk in, en deur jou; dis in hoeveel jy sy persoonlikheid en karakter uitleef. So jou doel moet dus altyd wees om

Hom te onthul. Als wat jy doen behoort net oor een ding te gaan: die manifestasie van die Christus-lewe in jou; sy perfeksie en geregtigheid soos jy dit uitleef. Halleluja!

BELYDENIS

Christus is lewendig in my en het deur die geloof Homself gevestig en sy tuiste in die kamers van my hart gemaak, deur geloof. Sy aard, persoonlikheid en karakter word deur my onthul; my gedagtes, woorde en dade is die manifestasies van sy perfeksie en geregtigheid, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 6:16; Romeine 8:19

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *