Daily Devotional: THE REAL FIGHT

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WARE STRYD

Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies (1 Timoteus 6:12).

Nie baie mense verstaan wat dit is om te veg nie en daarmee bedoel ek nie vuisgevegte nie. Ek praat van die geloofstryd. Die geloofstryd is die konflik tussen ons aardse, kortstondige, tydelike omstandighede en ons geestelike werklikhede. Dit is die vrystelling van ons geloof oor opstandige omstandighede van tyd om veranderinge af te dwing, sodat dinge ooreen sal stem met ons hardnekkige geloofsverklarings. Dit is nie ’n geveg met die Duiwel nie; dit is die stryd in jou hart om die uitdagings wat jy in die lewe in die gesig staar, te oorkom. En dit is ’n geveg wat jy móét wen. Paulus, die Apostel, noem dit ’n goeie stryd, want dit is die mees eerbare stryd en jy wen.

Wanneer Hy vir jou sê om die goeie stryd te stry, sê Hy vir jou om aan God se Woord vas te hou, om jou belydenis te handhaaf, te midde van verbysterende opposisie. Daar is ’n teëstander aan die werk wat probeer verseker dat dinge nie vir jou in plek val nie. Die wêreld self is vyandiggesind teenoor jou geloof; vyandiggesind teenoor die Koninkryk van God. Maar Jesus sê: “…skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (Johannes 16:33) en omdat Hy die wêreld oorwin het, moet jy die wêreld in daardie posisie hou met jou geloof. Dit is die ware stryd.

Jy probeer nie die wêreld oorwin nie; Hy het dit reeds gedoen. Dus wandel jy deur die geloof in die oorwinning wat Christus namens jou behaal het. Hy het gesê: “En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel…” (Lukas 10:19). So, maak nie saak waar jy is nie, jy seëvier, jy weet dit en jy dring daarop aan.

Jy kan doen wat ander sê onmoontlik is. Dit maak nie saak wat jy tans in die gesig staar nie; of dit te doen het met jou gesondheid, finansies, besigheid, werk, familie of akademie; jy sê: “Ek is ’n oorwinnaar in Jesus se Naam! Dit is onmoontlik vir my om te misluk. Al wat ek dink is oorwinning en ek wen altyd, in Jesus se Naam!”

Wandel in die heerlikheid en sterkte van Christus en met die vrymoedigheid van die Gees. Trek voordeel uit sy genade en die krag van sy mag terwyl jy jou geloof ontplooi teenoor rebelse omstandighede en dwing hulle om aan te pas by jou hardkoppige geloofsverklarings.

BELYDENIS

Ek wandel in God se krag en heerlikheid, sterk in die Here en in die krag van sy mag. Ek is geseënd met sy liefde, met sy vrymoedigheid en oorwinning. Ek stry die goeie stryd van geloof om gevestig, bevestig en in God se Woord te bly! Met die Woord in my mond, heers ek vandag oor omstandighede, heers en regeer ek deur die krag van die Heilige Gees! Amen.

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 6:16; 1 Timótheüs 1:18; 2 Korinthiërs 10:3-5

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *