DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIEN DIE HERE MET JOU LEWE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIEN DIE HERE MET JOU LEWE

Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red (Lukas 9:24).

‘n Sekere man het sy Christen seun aangeraai om nie te aktief te wees vir Jesus Christus nie. Hy was bekommerd dat die seun sy lewe kon verloor deur Jesus Christus te dien en die evangelie te verkondig. Maar die seun het geantwoord: “Pa, ek doen net wat Jesus gesê het ek moet doen, ek dien Hom met my hele lewe.”

Die man het aanstoot geneem en ysig geantwoord: “Jy doen wat Jesus gesê het jy moet doen? Dis waarom Hy jonk dood is, op drie en dertig! Hulle het Hom vermoor!” Daar is so baie mense soos daardie man wat nie Christus se doel, of die betekenis van die lewe verstaan nie. Dit gaan nie oor hoe lank jy leef nie; dit gaan oor die lewe wat jy lei.

Eintlik is die kwessie vir sulke mense nie dat hulle lank wil leef of wil hê dat hulle geliefde lank moet leef nie. In daardie geval het God hulle die ewigheid belowe, hulle eintlike probleem is vrees vir die dood. Solank vrees vir die dood ’n mens oorheers kan hy nie tot sy volle potensiaal leef nie; kan hy nie sy roeping in die lewe vervul nie. Hy sal goeters doen en sê waarin hy nie regtig glo nie, in ’n poging om sy lewe te red. Maar ons lees in ons openingsvers: “…elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor…” Lei jou lewe sonder voorbehoud vir Christus! Jy moet sê: “Ek staan vir Christus en sy Koninkryk, kom wat wil! Ek verkondig die evangelie, maak nie saak wat gebeur nie!”

Onthou wat Hy in Lukas 10:19 gesê het: “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” Wees vreesloos in hierdie eindtyd terwyl jy die evangelie verkondig, want die Here self is jou verdediging. Hy sê nou vir jou dieselfde woord wat Hy vir Paulus gesê het in Handelinge 18:10: “want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.”

BELYDENIS

Ek leef op die lewensvlak waar die dood geen mag het nie. Ek is met Christus gekruisig, tog leef ek, maar nie ek nie, want Christus leef in my en die lewe wat ek nou in die vlees lei, leef ek deur die geloof van die Seun van God wat my lief gehad het en Homself vir my gegee het. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Kolossense 3:23-24; 1 Korinthiërs 15:58; Handelinge 20:24

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *