Daily Devotional: THE WORD IN YOUR MOUTH

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
FOKUS OP DIE HERE EN SY KONINKRYK

Julle toon duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons diens voorberei en geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte (2 Korintiërs 3:3 NLV).

Dit is baie belangrik om die Woord op jou hart te skryf. Dit word gedoen deur die Woord te en deurlopend te bely. Hoe meer jy dit doen, hoe meer sal die heerlikheid van die Woord in jou lewe manifesteer. Ons word in die Skrif vermaan om vervul te wees met die kennis van God se Woord, want uit daardie oorvloed sal ons woorde spruit.

Jou woorde moet strook met God se waarheid, anders gaan jy moeilikheid hê. Die vyand sal gebruik maak van jou eie woorde om jou in slawerny te sit. Spreuke 6:2 sê dat: “As jy gevang is deur wat jy sê, jy vir jouself ’n strik gestel het.”

Baie mense is vandag vasgevang en sukkel om uit te kom uit een of ander verknorsing wat hul dalk deur hul eie woorde geskep het. Jesus sê in Markus 11:23 dat jy sal kry wat jy sê. In Matteus 12:37 NLV het Hy gesê: “Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word.”

Jy moet vasberade God se Woord spreek. Spreek Koninkrykswoorde. Jy is in die Koninkryk van God en dis ’n Koninkryk wat deur woorde bestuur word, waar ons heers en regeer deur ons heilsame, geloofgevulde woorde. Onthou die Here se vermaning in Josua 1:8 (AFR83): “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê.” Dit gaan oor die Woord in jou mond!

BELYDENIS

Met behulp van die Gees en deur middel van volgehoue bepeinsing van die Woord, spreek ek doelbewus, heilsame, stigtende, genadige, inspirerende, motiverende en bemoedigende woorde. Met my woorde skep ek van binne sukses, oorwinning, goddelike gesondheid en voorspoed en vestig God se geregtigheid in my wêreld. In Jesus Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Lukas 6:45; 1 Petrus 3:10

 

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *