DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIT WAS TER WILLE VAN JOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIT WAS TER WILLE VAN JOU

Julle ken die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Alhoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword sodat julle deur sy armoede ryk kon word (2 Korintiërs 8:9).

Die vers hierbo verwys nie na geestelike rykdom en geestelike armoede nie. As jy die hele hoofstuk in konteks bestudeer, sal jy verstaan dat Paulus van finansiële en materiële welvaart gepraat het. Jesus het om ons ontwil sy reputasie, sy rykdom en welvaart neergelê; Hy het alles neergelê en Hom met ons vereenselwig en ons plek ingeneem.

Hy het ons geword. Alles wat Hy gedoen het, was ter wille van ons. Hy was nie arm nie, maar Hy het arm geword om jou ontwil. So ook was jy nie ryk nie, maar nou is jy in Hom ryk gemaak en ook in Hom regverdig gemaak.

As jy hierdie waarheid verstaan, sal jy in jou erfenis in Christus wandel; jou welgestelde plek in God. Jou vertroue moenie in die regering, die samelewing, of in jou werk wees nie. Jou vertroue behoort nie in enige finansiële instansie te wees nie. Jou vertroue moet in die Woord wees.

Hy het arm geword sodat jy deur sy armoede ryk kon word. Nou moet jy wandel in wat Hy vir jou gedoen het en wie Hy jou gemaak het. Jy moet wandel in die heerlikheid waarin Hy jou ingebring het. Dit was die kern van sy lyding: “…die Gees van Christus in hulle bedoel het toe Hy vooruit vir hulle vertel het van Christus se lyding en dat Hy daarna verheerlik sou word” (1Petrus 1:11) Dit is nou ‘daarna’ en die verheerliking het gevolg. Halleluja!

GEBED

Liewe Vader, ek erken my groot erfenis in Christus en die plek van grootsheid en oorvloed waartoe U my ingebring het. Ek verwerp armoede, gebrek, tekort en behoefte ten sterkste, maar kies doelbewus die vreugdevolle, voorspoedige lewe in Christus. Ek wandel in geregtigheid, gesondheid, oorwinning en sukses, wat my erfenis in Christus is, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Galásiërs 3:29; 2 Korinthiërs 8:9 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *