DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DOOD VIR DIE SONDE, LEWEND VIR GOD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DOOD VIR DIE SONDE, LEWEND VIR GOD

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Julle moet dus ook vir seker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle met Christus Jesus één is” (Romeine 6:11).

Die vers hierbo onthul ’n diepe huidige waarheid oor die nuwe skepping: hy is dood vir die sonde en lewend vir God! Dit is die perspektief wat jy oor die Christelike lewe behoort te hê; jy moet jouself dood ag vir die sonde en lewend vir God. Om “lewend vir God” te wees, beteken om te ontwaak tot sy werklikheid en vlak van lewe, om doelbewus met Hom gemeenskap te hê. Efesiërs 2:1 sê: “EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes.”

Met ander woorde toe Jesus gesterf het, het jy in Hom gesterf, toe Hy opgewek is, is jy saam met Hom opgewek. Kolossense 2:13-14 sê: “Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe. Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.”

Dit is eenvoudig ongelooflik! Voor jy saam met Christus opgewek is, is jou sondes en die verordeninge teen jou aan die kruis vasgespyker. Met ander woorde, beide jou sondes en dit wat in die eerste plek daarvan sonde gemaak het, is alles aan die kruis vasgespyker. 1 Korintiërs 15:56 laat ons weet dat die krag van die sonde die wet is, maar die ding wat die sonde lewend gemaak het, die wet, is deur Jesus afgeskaf (Efesiërs 2:15). Hy het jou die oorwinning gegee oor die sonde, die dood en die graf. Sien jouself in hierdie lig.

Die Woord van God is Lig en dit is ook ’n spieël wat wys wie jy regtig is. 2 Korintiërs 3:18 sê: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.” Nou sê die Woord dat jy dood is vir die sonde en lewend is vir God; terwyl jy besin oor die werklikheid in die Woord, word jy in daardie waarheid verander – in dieselfde beeld wat in die spieël geopenbaar word.

Die beeld in die spieël is van iemand wat dood is vir die sonde, maar lewend is vir God en sy geregtigheid. Jou reaksie moet wees: “Geseënd is God! Ek is dood vir die sonde en lewendig vir God. Ek leef op sy vlak van die lewe.” Wandel in hierdie werklikheid. Halleluja!

BELYDENIS

Ek is lewendig vir God, wakker vir die realiteite van die Koninkryk! Hy is werklik vir my, in my en deur my! Ek hoor en ken sy stem; ek ken sy gedagtes, sy wil en wandel in sy goddelike bestemming vir my, halleluja!

VERDERE STUDIE:

Romeine 6:7-11; Efésiërs 2:1-6

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

1 Comment

  1. Amen! Ek is dood vir sonde en lewend vir Jesus!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *