Daily Devotional: FOCUS ON THE LORD AND HIS KINGDOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
FOKUS OP DIE HERE EN SY KONINKRYK

Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die Here, die Almagtige, sal dit waarborg (Jesaja 9:6 NLV).

Dawid het geprofeteer oor ’n koning wat oor die nasies van die wêreld sou regeer. Hy het in Psalm 72:8 gesê: “Mag Hy regeer van see tot see, en vanaf die rivier tot aan die eindes van die aarde.”

Ons openingsvers sê aangaande daardie Koning: “Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie….” Die Here Jesus is hoof van die Koninkryk van God waarvan ons deel is. Dit is ’n ware Koninkryk – ’n funksionele, geestelike  koninkryk.  Dit  is  belangrik  dat  ons bewus moet wees van daardie Koninkryk. Ons kan nie ons gedagtes op hierdie aarde fokus asof alles hier eindig nie. Daar is ’n wêreld wat groter is as hierdie een.

Deur onbeweeglik, altyd julle allerbeste vir die Here se werk te gee, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd” (1 Korintiërs 15:58 NLV).

Dit is die eindtyd. Hou jou oë op die Here en sy Koninkryk gerig. Maak Hom jou fokus. Wees heeltyd aan die brand vir die Here. Wees konstant binne en buite seisoen, verkondig sy waarheid.

BELYDENIS

Ek is oorgebring uit die ryk van duisternis na die “Koninkryk van Sy Geliefde Seun.”  Hoewel ek in die wêreld is, is ek bewus van die Hemelse Koninkryk. Daarom funksioneer ek in die geestesryk en niks in die tasbare wêreld maak vir my saak nie. Ons Koninkryk regeer inderdaad, deur die onstuitbare verspreiding van die evangelie, oor die nasies. Amen!

VERDERE STUDIE:

1 Korinthiërs 15:58; Romeine 8:5-6; Kolossense 3:1-4

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *