DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GEBED VERSTERK JOU OM SY WIL TE DOEN

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GEBED VERSTERK JOU OM SY WIL TE DOEN

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Daar het ’n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk” (Lukas 22:43 NLV).

Een van die vele voordele van gebed is dat dit jou teen ongeloof versterk, sodat jy God se wil kan doen. Ongeloof is nie bloot om nie geloof te demonstreer in wat jy by God wil hê nie. Ongeloof is ook die weiering om op te tree soos God wil hê ons moet optree. Verbeel jou dat jy ongelukkig is oor iets en wil optree daarteen en dan sê die Gees: “Dis nie nodig nie, laat vaar die saak.” Tog gaan jy voort met jou besluit – dit is ongeloof.

Dink aan Moses in Numeri 20. God het hom beveel om met die rots te praat en die water sou uit die rots vloei vir die Israeliete om te drink. Maar omdat hy kwaad was vir die mense het Moses die rots twee keer geslaan, in plaas daarvan om met die rots te praat. Die Here was ontevrede en het vir Moses en Aäron gesê: “…Julle het my nie genoeg vertrou om vir die Israeliete te wys hoe heilig Ek is nie. Jy sal daarom nie hierdie mense inlei in die land wat Ek vir julle sal gee nie” (Numeri 20:12). Moses se ongehoorsaamheid was die gevolg van ongeloof, God het so gesê.

Miskien, as hy gedoen het wat God beveel het, sou hy genees geword het van sy woede en frustrasie met die mense. Dit is een van die redes vir gebed. In gebed is jy veronderstel om jou bewustheid van alles en almal op te gee – wat iemand vir jou gesê of jou aangedoen het waarvan jy nie gehou het nie. Wanneer jy bid laat vaar jy alle affrontasie en geniet nederig gemeenskap in God se teenwoordigheid. Jou gees is kalm, sonder enige steurnis of afleiding. Op daardie oomblik kan jy jou vereenselwig met sy liefde en leiding.

Selfs as jy baie goed vir Hom wou sê, onderbreek Hy jou soms. Hy begin praat voor jy kans kry om te praat. Skielik sal alle twyfel, woede en frustrasie verdwyn en word jy versterk. Dit het met Jesus gebeur terwyl Hy gebid het in daardie oomblik van angs, die Bybel sê: “Daar het ’n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk” (Lukas 22:43 NLV). In gebed het Hy krag ontvang om die Vader se wil te doen. Hoe meer gereeld jy bid, hoe meer word jy betrek by die Gees se gedagtes, sy manier van doen, strategieë en rigting. Halleluja!

GEBED

Dierbare Vader, dankie vir u vrede wat oor my hart en gedagtes waghou. Dankie vir die geleentheid vir gemeenskap met U in gebed en dat U my versterk om u wil te doen en te lewe tot U verheerliking, in Jesus Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Filippense 2:13; Romeine 8:26-27; Jesaja 40:31

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *