Daily Devotional: FAITH FOR THE RAPTURE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GELOOF VIR DIE WEGRAPING

Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word (1 Korintiërs 15:52).

Nie almal gaan die geluid van die trompet hoor nie. Dit sal slegs hoorbaar wees vir die Christene wat reeds in Christus gesterf het en diegene wat op daardie stadium nog leef. Alle ander mense sal dit nie hoor nie, want die trompetklank sal net deur die geloof gehoor word. Dit is nie iets wat jy jou gaan inspan om te hoor nie, want as Christen leef jy alreeds deur die geloof. Alles aangaande jou lewe en jou verhouding met God is deur geloof; daarom gaan jy dit hoor.

Die Bybel sê: “Omdat hy geglo het, is Henog weggeneem sonder om te sterf. Hulle kon hom nie kry nie…” (Hebreërs 11:5). Hy is deur geloof weggeraap. Dus, met jou geloof in Jesus Christus, het jy niks om oor bekommerd te wees nie; vertrou dat wanneer die trompet weerklink, jy dit gaan hoor.

Soos in ons temavers gelees, sal die klank van die trompet vinniger plaasvind as wat jy jou vingers kan klap. In ’n oogwink is ons hier weg en skielik is ons in die hemel. Elke Christen behoort weggeraap te word. Dit beteken dus dat enigiemand wat nie die “eerste vlug” maak nie, nie vir die Here geleef het nie.

Hou jou geloof lewendig en leef elke dag vir die Meester. Wandel in liefde en geregtigheid. Fokus daarop om ander gereed te maak vir die Wegraping en hulle na die Koninkryk van God te bring.

BELYDENIS

O, wat ’n blye dag sal dit wees wanneer die Meester opdaag! Vandag wandel ek in die lig van sy Woord en my redding; verdiep in die strewe na die uitbreiding van sy koninkryk en ek soek bowenal die heerskappy van sy koninkryk op aarde en in mense se harte. Amen.

VERDERE STUDIE:

Hebreërs 11:5-6; 1 Thessalonicense 4:16-17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *