DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HEERSKAPPY OOR DIE DOOD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HEERSKAPPY OOR DIE DOOD

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Ons weet dit omdat Christus uit die dood opgewek is en nooit weer sal sterf nie. Die dood het geen mag meer oor Hom nie” (Romeine 6:9).

Die Skrif hierbo is een van die ongelooflikste verse in die hele Romeine 6 weens die implikasies daarvan. Dit sê nie: “Ons weet dit omdat Jesus uit die dood opgewek is en nooit weer…”; dit sê eerder: “…Christus uit die dood opgewek is en nooit weer…” Die vraag is, wie is Christus?

Christus is Jesus en sy liggaam – die Kerk! Jesus is die hoof en die Kerk is sy liggaam. Die hoof en die liggaam van Christus. Wanneer dit verpersoonlik word, is dit “Jesus.” In sekere gevalle word ’n titel bygevoeg om Hom: “Jesus Christus” of “Christus Jesus” te noem. Maar elke keer waar jy in die Nuwe Testament “Christus” sien, behalwe as die konteks anders bepaal, beteken dit Jesus en die Kerk, sy liggaam.

As die dood nie meer heerskappy oor die hoof het nie, het dit ook nie heerskappy oor die hand, oor die bene, of enige ander deel van die liggaam nie. Vers 10 sê: “Hy het eens en vir altyd vir die sonde gesterf en nou leef Hy vir God” (Romeine 6:10). Wat ’n vers! Jy moet dit lees en verklaar: “Ek is lewend uit die dood!” Hê daardie bewustheid!

Die dood het geen heerskappy oor jou nie, want deur Jesus Christus het jy die ewige lewe; jy is in die lewe en onsterflikheid ingebring (2 Timoteus 1:10). Wees daarom vreesloos, omdat die dood verlam is; deur Jesus verslaan is. Hebreërs 2:14-15 sê: “Omdat hierdie “kinders” mense van vlees en bloed is, het Jesus ook ten volle mens net soos hulle geword. Want Hy kon net sterf as Hy ten volle mens was en Hy kon net deur self te sterf hom die nekslag toedien wat mag oor die dood gehad het – die duiwel. Net op hierdie manier kon Hy dié vrymaak wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het.”

Toe Jesus die dood verslaan het, was ons in Hom. Saam met Hom het ons oor die dood en die graf geseëvier. Geen wonder dat dit in 1 Korintiërs 15:54-55 sê: “…dood is totaal uitgewis, want dit is heeltemal oorwin. O dood, waar is jou oorwinning? Dood, wat het van jou angel geword?”

BELYDENIS

Ek is nogtans saam met Christus gekruisig, ek leef; nogtans nie ek nie, maar Christus leef in my; en die lewe wat ek nou in die vlees leef, leef ek deur die geloof van die Seun van God! Ek is vry van die sonde en dood! Ek is ’n deelgenoot van die goddelike natuur! Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

1 Korinthiërs15:55-57; Romeine 8:1-2; Johannes 5:24

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *