DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HOU AAN OM JOU WÊRELD MET DIE EVANGELIE TE BEÏNVLOED

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY IS IN STAAT OM TE KEER DAT JY VAL

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Markus 16:15-16).

Die verkondiging van die evangelie is nie iets wat jy kies om te doen, of nie te doen nie dit is jou roeping, dit is jou primêre verantwoordelikheid op aarde om siele te wen.

2 Korintiërs 5:18 sê dat God ons deur Jesus Christus met Homself versoen het en die bediening van versoening aan ons gegee het. Jou toewyding aan die Here moet sigbaar wees in jou toewyding tot sielewinning. Wees vasbeslote hieroor. Paulus het gesê: “As ek dan inderdaad die Goeie Nuus verkondig, is dit vir my geen besondere prestasie nie. Ek is verplig om dit te doen. Wee my as ek dit sou nalaat!” (1 Korintiërs 9:16). Dit gaan nie oor gemak nie; dit word van jou vereis; dit is ’n verantwoordelikheid waaroor jy rekenskap sal gee en deur die Here beloon sal word wanneer Hy sy heiliges beloon.

1 Korintiërs 4:1-2 sê: “Dit beteken dat julle ons moet beskou as blote diensknegte van Christus. Ja, as mense wat God se diepsinnige planne moet help bestuur. Van bestuurders word verwag dat hulle hulleself as betroubaar sal bewys.” Wees getrou; bedien ander met die evangelie. Die apostels het hiervoor geleef. Baie mense is erg vervolg en sommige is dood omdat hulle die evangelie verkondig het.

So, hou aan, selfs al word jy uitgeskel of verag omdat jy Christus verkondig. Hou aan om jou wêreld positief te beïnvloed met die krag van God in sy evangelie. Wees baie passievol hieroor, want die tyd is min.

GEBED

Liewe Vader, dankie dat U my die geleentheid en die vermoë gegee het om diegene in my wêreld met die evangelie te beïnvloed. Getuienisse oor verlossing is vandag die hele wêreld vol, soos die evangelie gretig verkondig en ontvang word. Dankie vir u seëninge en oorvloedige voorsiening in my lewe en vir die vrymoedigheid en dapperheid wat U my gegee het om die evangelie met krag te verkondig, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Matthéüs 28:19-20; 1 Korinthiërs 9:16-17

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *