DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HOU JOUSELF GESOND

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HOU JOUSELF GESOND

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde! Moet dit nooit uit die oog verloor nie. Hou dit altyd in gedagte. My woorde beteken lewe vir dié wat daarna luister; gesondheid vir die hele liggaam” (Spreuke 4:20-22).

Die Woord van God is medisyne, dit het genesingskrag. As jy die Woord bedink sal dit enige vorm van siekte en gebrek in jou liggaam vernietig. Die Bybel sê: “Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk” (Psalm 107:20).

God se Woord is die oplossing vir enige uitdaging. Die krag en doeltreffendheid daarvan is onmiskenbaar. Terwyl jy die Woord oordink, vind daar ’n verandering in jou lewe plaas. Moenie mismoedig raak wanneer jy uitdagings in jou gesondheid ervaar nie. Gryp die Woord van God aan en daar sal ’n verandering wees. Die Woord van God doen baie meer vir jou gees as voedsel vir jou liggaam. Hou by die Woord en jy sal altyd perdfris en gesond wees. Deur die Woord te oordink sal die bloedtoestand genees word, jy sal ontslae raak van die MIV en enige aansteeklike virus; dit sal jou bene, hart en vel genees en lewe in jou produseer! Dit sal die wond genees wat nie op behandeling reageer het nie. Spreek die Woord tot daardie krankheid; praat met die kanker, die diabetes. Beveel dat hulle gesond moet word en dit sal so wees. Hou jouself gesond met die Woord.

GEBED

Liewe Vader, dankie dat u Woord medisyne en lewe is vir my liggaam. Ek is gebore uit die onverganklike saad van u Woord, daarom word my lewe onderhou deur u Woord, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Psalm 107:17-20; Matthéüs 8:16; Psalm 34:12-13

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *