DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY BORG DIE SIELE WENNER

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY BORG DIE SIELE WENNER

Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur, …. Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my (Filippense 2:25-30).

Ons het ’n goddelike opdrag om die evangelie na die uithoeke van die aarde te neem. Jesus het gesê: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15). In Lukas 22:35 het Hy sy dissipels iets heel merkwaardig gevra: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.” Dit wys dat wanneer God jou met ’n opdrag stuur, Hy toesien dat alles wat jy nodig het om dit te vermag tot jou beskikking is. Al wat God van jou verlang is jou toewyding tot die opdrag. Die sielewenner word deur God geborg. So, wees daarom vasberade dat daar geen perk sal wees op hoe ver jy bereid is om te gaan in die verspreiding van die evangelie rondom die wêreld nie.

Aangesien God met jou is en Hy jou liggaam sy lewende tempel gemaak het, sal die evangelie nie gestuit word nie. Dit is die tipe toewyding wat ons in die Apostel Paulus sien en dis die moeite werd om dit na te doen. Hy het gesê: “…wee my as ek die evangelie nie verkondig nie” (1 Korintiërs 9:16).

Sommige mense wy hul tyd en hulpbronne daaraan toe om toe te sien dat die evangelie al die nasies van die wêreld bereik. Hulle bevorder God se agenda en maak op vir ander se tekortkominge. Hulle gee soveel geld vir die uitbreiding van die evangelie en hoe meer hulle gee, hoe meer stuur God in hulle rigting sodat hulle groter dinge kan vermag vir Hom. Hy voorsien alles wat jy verg om sy doel van sielewinning te vervul.

Besluit dat die evangelie deur jou sal floreer en jy sal aanhou om dit te bevorder tot die wegraping van die Kerk.

GEBED

Liewe Vader, dankie dat U die evangelie aan my toevertrou het en my die hulpbronne, tyd, energie en idees gegee het om dit vinnig en onverhinderd regoor die wêreld te versprei. Deur my, versprei die kennis van Christus oraloor; die lig van die glorieryke evangelie van Christus verdryf die duisternis uit die harte van die verlorenes en beïnvloed hulle met die boodskap van die ewige lewe en vestig hulle in geregtigheid, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Johannes4:34; Spreuke 11:30; Markus 6:7-13

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *