DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY IS BEDAG OP JOU WERK

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY IS BEDAG OP JOU WERK

For God, the Faithful One, is not unfair. How can he forget the work you have done for him? He remembers the love you demonstrate as you continually serve his beloved ones for the glory of his name (Hebreërs 6:10 TPT).

Dit is so inspirerend en ook vertroostend! Alles wat jy vir die Here doen word opgeteken en Hy beloon jou daarvoor. Hy let op jou werk en liefdesarbeid. Miskien is daar vir jou gesê dat jy jou tyd mors, of dwaas is omdat jy die evangelie verkondig en die Here dien soos jy dit doen, maar God gee om oor jou werk. So, hou aan!

Hy het in Openbaring 22:12 gesê: “Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het.” Wat ’n dag sal dit wees! Wat ‘n dag om na uit te sien! Daarom moedig ek jou aan met dieselfde woorde van die Gees as die apostel Paulus in 1 Korintiërs 15:58: “Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd.”

Daar mag dalk tye wees wanneer jy die Here se werk doen en dit lyk asof daar teëspoed aan alle kante is, moenie moed verloor nie. Onthou altyd sulke tye dat die Here nie onregverdig is om jou werk en liefdesarbeid te vergeet nie. Hy sal jou beloon vir alles wat jy doen en gedoen het in en vir sy koninkryk.

Hy weet van jou trane in voorbidding; jou passie in gebed vir verlore siele. Hy is bewus van al jou finansiële bydraes tot die verspreiding van die evangelie en jou persoonlike evangelisasie-pogings om siele vir Christus te wen. Hy is bewus van al die opofferings wat jy ter wille van sy Naam gemaak het; die tyd, geld, familie, vriende en verhoudings wat jy vir Hom afgestaan het! Hy het nie vergeet nie.

Jou seën word nie uitgestel nie, dit begin hier op aarde (lees Markus 10: 29-31). Jy is nooit ’n dwaas as gevolg van jou toewyding aan Christus nie. Jou geloof, hoop en liefde is nie tevergeefs nie. Hou aan om alles te doen wat die Here jou inspireer om vir Hom te doen; hou aan om sy heerlikheid te versprei deur jou werke van geregtigheid in jou wêreld en daarbuite.

GEBED

Liewe hemelse Vader, met ’n onwrikbare toewyding en hernieude krag wy ek my tyd, middele, geld en alles in my sorg aan die evangelie. Ek gee myself oor aan u Gees vir groter diens en strewe na die uitbreiding van u Koninkryk, want ek weet dat groter seëninge met groter eerbewyse myne is in Christus Jesus. Amen.

VERDERE STUDIE:

Matthéüs 16:26-27; 2 Johannes 1:8 AMPC;

2 Timótheüs 4:5-8

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *