DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY IS IN STAAT OM TE KEER DAT JY VAL

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY IS IN STAAT OM TE KEER DAT JY VAL

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen” (Judas 1:24-25).

Die Skrif hierbo is net so vertroostend; die Here is in staat om te keer dat jy val en kan jou met groot vreugde foutloos voor die aangesig van sy heerlikheid aanbied. Dit is deel van sy bediening in jou lewe. Eer aan sy Naam vir ewig!

As dit gesê het: “Hy tel jou op elke keer as jy val,” sou dit wonderlik gewees het. Maar sy werk is nie om jou op te tel elke keer as jy val nie, maar om te keer dat jy val. Sommige mense glo dat ons as Christene val en dan weer opstaan, maar dit is nie wat die Woord sê nie. Moenie glo dat jy moet val nie. Aanvaar wat die Woord van God sê eerder as jou ervarings, of dié van ander.

Verstaan dit: die aanvaarding en uitleef van God se Woord is waar die krag en heerlikheid lê. Elke keer wanneer jy die Woord bevestig, produseer dit in jou wat dit sê. Daarom, eerder as om ’n stygende en dalende mentaliteit te hê, verklaar gereeld: “Die Here kan keer dat ek val; daarom sal my voet nie gly nie. Ek is altyd bó, standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here. Eer aan God!”

Ongeag die gebeure om jou, wees vrymoedig om te verklaar: “My lewe gaan net opwaarts en vorentoe; ek staan sterk in geloof; niks skud my nie; ek is diep gewortel in Christus, die Soliede Rots, en Hy laat my nooit val nie!” Maak dit jou bepeinsing en begrip van Christus en sy bediening in jou lewe sal vervul word. Geseënd is God!

BELYDENIS

Ek het ’n lewe wat net opwaarts en vorentoe gaan; geen op- en afdraandes nie, want in Christus gaan ek ewig opwaarts! Hy ondersteun my met sy regterhand van geregtigheid, sodat ek nooit struikel nie. My pad is soos die van die môrester wat helderder en helderder skyn tot op die perfekte dagbreek. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Spreuke 4:18; 2 Petrus 1:8-10; Judas 1:24-25 TPT

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *