Daily Devotional: HE DWELLS IN YOU NOW

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY WOON NOU IN JOU

En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is (Johannes 14:3).

Baie mense verstaan nie waarvan Jesus hier praat nie. Sommige bespiegel dat Hy gepraat het oor die Wederkoms of die Wegraping, maar dit is nie waaroor Hy in hierdie vers gepraat het nie. Om te verstaan wat Jesus bedoel, moet jy in die konteks bly en Sy boodskap met jou gees verstaan, nie met jou sintuie nie. Hy het hierdie interessante gesprek voortgesit tot by die 16th vers waar Hy gesê het: “En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees.”

Die term: “’n ander Raadgewer” is die Griekse frase: “Allos parakletos,” wat beteken “’n ander van dieselfde soort.” Dus het Jesus op daardie tyd die Heilige Gees bekendgestel. Toe sê Hy: “…Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon” (Johannes 14:17). Hoe het die Heilige Gees destyds by hulle gewoon? Was Hy nie veronderstel om op Pinksterdag te kom nie? Dit wys ons iets. Hy het nie net van die Heilige Gees gepraat nie, Hy het ook na Homself verwys!

Om dit te benadruk, het Hy teruggekeer na wat Hy in ons temavers gesê het en gesê: “…kom Ek terug en sal julle na My toe neem…” In vers 18 het Hy gesê: “Ek sal julle nie soos wesies in die steek laat nie; Ek kom terug na julle toe.” Hoe en wanneer sou Hy na hulle toe teruggegaan het?

In die 20ste vers het Hy gesê: “Op daardie selfde dag sal julle goed weet dat Ek in ’n hegte verhouding met my Vader leef, en julle met My, en Ek met julle.”

Van watter dag het Hy gepraat? Klaarblyklik het Hy gepraat oor die dag wanneer die Heilige Gees sou kom! Dus, toe Hy gesê het: “…kom Ek terug…” het Hy gesê: “Ek kom na julle toe in die Heilige Gees!” En op Pinksterdag het Hy daardie kosbare belofte vervul:

“Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat” (Handelinge 2:4). Hy is vandag in al sy volheid in jou. Eer aan God!

GEBED

Liewe, kosbare Heilige Gees, dankie vir u inwonende en blywende teenwoordigheid wat my ’n oorwinnaar en ’n meester oor omstandighede gemaak het. Dankie dat U my geloof versterk het en moed by my opgewek het om God se wil te doen en my roeping te vervul. My sukses in die lewe is gewaarborg, omdat ek altyd toegewyd is aan u leiding en rigting, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Hebreërs 13:5 AMPC; Johannes 14:23; 1 Korinthiërs 3:16

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *