Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 3 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JOU GELOOF IS ’N HULPMIDDEL

Toe vra Hy vir hulle: “Waar is julle geloof?” En hulle was vervul met ontsag en verbasing. Hulle het vir mekaar gesê: “Wie is hierdie Man tog dat Hy selfs die wind en die golwe opdrag gee en hulle Hom gehoorsaam? (Lukas 8:25).

Jesus was eendag op ’n boot saam met sy dissipels en ’n storm het losgebars. Die dissipels het bang geword en die Bybel sê: “Die dissipels het Hom wakker geskud en geskree: “Leermeester, ons is besig om onder te gaan!” Jesus het die siedende wind en golwe bestraf. Die storm het bedaar en alles was weer kalm” (Lukas 8:24).

Die Meester het na die dissipels gedraai en hulle ’n baie pertinente vraag gevra: “Waar is julle geloof?” Dit is die groot vraag in die lewe. Met jou geloof kan jy enigiets vermag, jy kan berge versit, jy kan uitstekende resultate behaal. Geloof is ’n hulpmiddel. Gebruik dit. As jy leer om jou geloof te gebruik, sal jy elke dag oorwinnend leef.

Hou op om om hulp te roep! Gebruik jou geloof om jou lewe heerlik te maak. Met jou geloof kan jy kanker, diabetes, of hartprobleme vernietig. Jy kan jou lewensomstandighede verander! Bou dus jou geloof op. Besluit om jou geloof te voed deur God se Woord te leer en daarin te leef.

Die Bybel is ’n kompendium van die goddelike openbarings van God se Profete en Apostels; die boodskap vervat daarin is telkens weer bewys. Ongeag die kwessies rakende jou gesondheid, gesin, finansies, werk, akademie, of bediening kan jy heerlik seëvier deur jou geloof in die Woord te laat groei en dit elke dag toe te pas. Onthou, ons geloof is die oorwinning wat die wêreld oorwin (1 Johannes 5:4).

BELYDENIS

Met my geloof stuur ek my lewe deurlopend in die rigting van heerlikheid en uitnemendheid en lei die lewe van oorwinning, sukses, vreugde, gesondheid en voorspoed wat God vir my bepaal het. Ek weier om benadeel of hulpeloos te wees; my geloof in die Woord is effektief en heers. Eer God!

VERDERE STUDIE:

1 Johannes 5:4; Hebreërs 10:38-39; Matthéüs 17:20

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *