DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: LEEF IN SY GESAG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LEEF IN SY GESAG

Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan. Soos party van julle digters ook gesê het: Ons is sy nageslag (Handelinge 17:28).

Ware Christenskap is om in Jesus se Naam te leef. Die gedagte hieraan is so inspirerend. Kolossense 3:17 sê: “Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus…”

Om alles in sy Naam te doen, beteken om in sy Naam te leef. Dit is die sleutel tot ’n bonatuurlike lewe. Dit beteken dat jy vir Hom, in sy gesag, leef. Daarom kan nederlaag, mislukking en duisternis nie deel wees van jou lewe nie. Die lewe is vir jou slegs heerlikheid, gaan net opwaarts en vorentoe, want Jesus se Naam is oor jou uitgespreek. Sy Naam verteenwoordig sy gesag en karakter.

Die Vader het vir Jesus ’n Naam gegee wat bo elke naam is en het Hom ver boweal gestel, tot voordeel van die Kerk. Efesiërs 1:22-23 sê God: “…het alle dinge onder sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul.”

Die Kerk is sy liggaam en aangesien alles onder sy voete geplaas is, is die Satan onder jou voete! Mislukking, siekte, armoede en dood is alles onder jou voete. Alles in die lewe is aan jou onderworpe, omdat jy saam met Christus in die hemele sit.

As jy jouself in ’n ontstellende situasie bevind, verklaar: “In die Naam van die Here Jesus Christus beveel ek ’n verandering!” Regeer oor en onderwerp omstandighede in sy Naam. In sy Naam het jy die gesag om enigiets wat nie van God is nie, te verwerp en slegs dit wat met sy volmaakte wil vir jou ooreenstem, te onderskryf.

GEBED

Liewe Vader, ek verheug my in Jesus Christus, want ek weet dat Hy die Here van almal is. Ek seëvier en heers oor omstandighede omdat ek in sy Naam en in sy gesag leef. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Filippense 2:9-11; Markus 16:17-18

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *