Daily Devotional: PRAY FOR GOD’S PEOPLE IN DISTRESS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LEEF IN WAARHEID

En julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak (Johannes 8:32).

Ons is deur God se Woord geskape en sy Woord is waarheid; dit beteken dat ons deur die waarheid geskape is. Dit is waarom die waarheid ’n ewige uitwerking op jou gees het; dit het ’n ewige effek van sukses, oorwinning, voorspoed en gesondheid in jou lewe, want die waarheid is jou bron. Daarom vernietig valsheid, bedrog, misleiding, leuens en om te jok die menslike gees.

Om te jok stem nie ooreen met jou geaardheid nie. Sommige mense vertel leuens uit vrees vir straf, terwyl ander botweg mislei . Wat ook al jou verskoning is, leer om te alle tye die waarheid te vertel. Ons temavers sê: “en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak,” want die mens is deur God geskape om vry te wees, om vry te wees om Hom te dien; hy kan nie gebind word nie, want die waarheid is sy ware natuur.

Voordat jy wedergebore is, het jy nie die vermoë gehad om die waarheid uit te leef en in die waarheid te leef nie, want jy was onder die heerskappy van die sonde. Maar nou sê die Bybel: “Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie…”

(Romeine 6:14). Jy het die vermoë om weg te doen met die gewoonte om leuens te vertel. Jy hoef nie te huil of selfs vir God te vra om dit weg te neem nie. Neem eenvoudig die besluit om weg te doen met leuens vertel. Die Bybel sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens” (1 Petrus 3:10). Spreuke 6:16-19 sê: “Daar is ses dinge wat die Here haat, nee, eintlik sewe dinge waarvan Hy ’n afsku het: oë vol hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat onskuldiges doodmaak, ’n hart wat slegte planne beraam, voete wat agter kwaad aanloop, ‘n vals getuie wat leuens verkoop, en iemand wat rusie veroorsaak tussen broers.”

Die waarheid is in jou gees. Jy kan in die waarheid leef en wanneer jy in die waarheid leef, is jy oorwinnend; jou gees gloei. Dit maak nie saak in watter situasie jy jouself bevind nie, die waarheid sal jou bo uitbring, want die waarheid is vir ewig. Eer aan God!

BELYDENIS

God se Woord lei my gedagtes, gewoontes, karakter en bou uiteindelik my lewe. Ek heers oor elke soort sonde. Ek leef in die waarheid, want die waarheid is my ware natuur. Daarom is ek oorwinnend oor elke situasie, altyd gloeiend in die gees. Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 4:25 TLB; Spreuke 12:19; Kolossense 3:9 NLT; Sagaria 8:16 GNB          

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *