Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 1 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LEWE VIR CHRISTUS

Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuies vir die keuse wat jy gaan maak. Mag jy tog die lewe kies sodat jy en jou nageslag mag lewe! (Deuteronomium 30:19).

Daar is Christene wat onrustig is oor die wegraping, onseker oor hul ewige saligheid.

Die Here wil nie hê dat ons in vrees of angs moet leef nie. Vir seker is die ewige saligheid ’n werklikheid vir die een wat wedergebore is, maar dit is onderhewig daaraan dat jy die Christus-lewe leef; lewe in sy geregtigheid tot die einde.

As iemand wat wedergebore is byvoorbeeld later van plan verander en nie meer vir Jesus volg nie is hy in die moeilikheid, want sy ewige saligheid by God is in gedrang. Wanneer jy wedergebore word, word jy in God se teenwoordigheid gebore; jy leef in God se teenwoordigheid. Hy is jou Beskermer. Hy beskerm jou en volgens die Skrif kan niemand kan jou uit sy hand ruk nie.

Die lewe is egter vol keuses. Jy moet die keuse maak om voortdurend vir Hom te leef. Wanneer God ons lei, bied Hy ons opsies en dan sê Hy ook vir ons watter een om te kies. Maar Hy dwing ons nie om die regte keuse te maak nie, alhoewel Hy ons laat verstaan wat die gevolge van die verkeerde keuses is.

Wat jy dus moet doen, is om volgens sy Woord te leef. Dit is die eenvoudigste ding ooit. Wanneer jy wedergebore is, is dit die natuurlikste ding om volgens jou nuwe natuur in Christus te leef. Om reg te leef is vir jou só natuurlik dat jy in die versoeking moet kom om verkeerd te doen. Dit is ook waar die bediening van die Heilige Gees inkom. Die Heilige Gees help jou om die Christelike lewe te lei en met Hom in jou lewe hoef jy nooit bekommerd te wees dat jy die pad byster sal raak nie.

Verder sê die Bybel: “Aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar, en julle sonder vlek met groot vreugde voor sy heerlike teenwoordigheid stelling te laat inneem” (Judas 1:24). Soos jy vir die Here leef en Hom passievol dien, met absolute oortuiging, sal Hy sy doel en bediening in jou lewe vervul.

BELYDENIS

Ek leef doelgerig, vervul my bediening en roeping in Christus Jesus. Ek weier om toe te laat dat enigiets my aandag van die Here en sy ewige Koninkryk wegneem. Ek is nie sleepvoet in my toewyding nie; ek is vurig van gees en dien die Here, sodat ek my wedloop met blydskap kan voltooi, asook die bediening wat ek by die Here Jesus ontvang het om oor die evangelie van God se genade te getuig. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

2 Petrus 1:5-11; 2 Korinthiërs 5:15

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *