Daily Devotional: DON’T KEEP GRUDGES

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
MOENIE WROKKE KOESTER NIE

Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking (Jakobus 5:16).

‘n Dienaar het eenkeer ’n verhaal vertel van twee vroue in sy Kerk wat lank gestry het. Een van hulle het vir ’n paar jaar skildklier probleme gehad en ten spyte van sy gebede vir haar, het dit nie genees nie. Die tweede vrou kon nie die Heilige Gees ontvang nie; sy kon net nie in tale bid nie, al het hy verskeie kere vir haar gebid om die Heilige Gees te ontvang.

Een Sondagoggend, terwyl hy tydens die diens by die podium staan, kom een van hulle daar aan en kry ’n sitplek, maar toe sy sien dat die sitplek langsaan deur die ander vrou ingeneem is, staan sy op om van sitplek te verander.

Op daardie stadium het die Pastoor van die podium af weggedraai om hulle te groet en het vir hulle gesê: “Ek sal dit nie langer verdra nie; julle kom of bymekaar as susters of gaan uit!” Skielik het beide vroue in trane uitgebars en begin om mekaar om verskoning te vra. Beide van hulle was gereed om die blaam te dra terwyl hulle huil en mekaar omhels. Net daar, voor hulle oë, het die skildklierprobleem verdwyn en die ander dame is gevul met die Gees en het in tale gebid.

Duidelik het daardie wrokke vir baie jare die manifestasie van die seëninge in hulle lewens verhoed, sonder dat hulle dit besef het. Al wat hulle moes doen was om hulle foute teenoor mekaar te erken. Dit is wat ons lees in ons temavers: “Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Dit beteken, erken jou foute; weier om ’n wrok te koester.

Selfs al dink jy dat jy nie die een is wat die fout gemaak het nie, maak dit nie saak nie nie; sorteer die probleem uit. Doen wat die Woord sê. Moenie aandring daarop om jou sin te kry nie. Die Bybel sê, ly die onreg en laat dit daarby (1 Korintiërs 6:7) eerder as om die wrok teenoor jou broer of suster in die Here te koester.

BELYDENIS

Die Heilige Gees help my om my emosies en houding te beheer; ek het ’n uitstekende karakter en waar ek is skep ek ’n atmosfeer van liefde, vriendelikheid en genade. Ek sien doelbewus ander se foute oor die hoof, want ek is die liefdeskind van ‘n God van liefde met sy aard en karakter van liefde in my. Amen.

VERDERE STUDIE:

Romeine 12:9-10; Romeine 5:5; Jakobus 5:16 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *