DAILY DEVOTIONAL SOUTH AFRICA GODS WORD FOR TODAY GROWING IN CHRIST DAGSTUKKIE UIT DIE BYBEL

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
OM TE GROEI IN CHRISTUS

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realitiete van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig (Galasiërs 5:24).

Daar is geen grys areas in ons openingvers nie: as jy aan Christus behoort het jy die vlees met hartstogte en begeertes gekruisig. Hoekom sukkel sommige Christene dan nog om die vlees te kruisig? Omdat die Satan vir hulle gejok het en hulle sy leuens glo as gevolg van hul onkunde van God se Woord.

Die Satan mag jou dalk tart en sê: “As jy ’n regte Christen was, sou jy nie gister gejok het nie!” Dit moenie jou selfvertroue afbreek en jou geloof laat kwyn en jou minder entoesiasties maak om die Here te dien nie. Onthou wie die Satan is—’n leuenaar en die vader van leuens. Hy is ’n bedrieër en die aanklaer van God se mense (Openbaring 12:10).

As jy jou hande oplig om die Here te aanbid en die Satan herinner jou skielik aan iets wat jy verkeerd gedoen het, moenie dadelik jou hande laat sak en begin huil en jouself jammer kry nie. Aanbid Hom selfs meer vurig sê: “Dankie, Vader vir u liefde en Jesus Christus se bloed wat my van alle ongeregtigheid reinig.”

Moet nooit die Satan toelaat om jou te laat dink dat jy nie ’n ware Christen is as gevolg van iets wat jy verkeerd gedoen het nie. As jy wedergebore is, is jy ’n ware Christen! Wat die Woord van God sê is dat jy die aard van God wat in jou is uitleef. Wandel in die Gees en in geregtigheid. Leef volgens God se Woord, want dis jou lewe.

Sê so elke nou en dan vir jouself: “Ek is van die Gees en ek word deur die Woord oorheers en gelei.” Bestudeer en hou by God se Woord en jy sal bo die Satan se bedrieëry, maneuvers en manipulasies leef. Hoe meer jy die Woord bestudeer, daarna luister en dit oordink, hoe meer leef jy soos die Woord vir jou sê, want die Woord het die krag om in jou te produseer waarvan dit praat.

Jy word deur die bediening van die Woord versterk en bemoedig, jou geloof word opgewek en jy groei bestendig in Christus. Hoe meer jy in die Here groei, in genade en kennis van sy Woord, hoe minder sonde sal jy in jou lewe vind, want die sonde sal nie oor jou heers nie (Romeine 6:14).

GEBED

Liewe Vader, dankie vir u woord wat nuttig is om my te onderrig, die verkeerde te weerlê, om my tereg te wys en om die regte leefstyl by my te kweek. Ek is gewortel en gevestig in die Woord, vertoon die deugde en volmaakthede van die Gees, in Jesus se Naam. Amen.


VERDERE STUDIE:

Romeine 8:8-9; Galásiërs 5:16; 1 Korinthiërs 6:9-11

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *