DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONDERSOEK JOU EIE GELOOF

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONDERSOEK JOU EIE GELOOF

Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef (2 Korintiërs 13:5).

Daar is diegene wat dink dat die Here rampe toelaat om te gebeur, of dat Hy is vir die teëspoed wat mense ervaar. Dis soos die ou wat gekla het: “Ek is daar buite besig om God te dien, ek werk elke dag vir Hom en tog het Hy die duiwel toegelaat om my baba dood te maak.” Maar dit kan nie waar wees nie! Die Here is nie verantwoordelik vir die kwaad wat mense aangedoen word of die ongelukke wat hulle ervaar nie. Dit stem nie met sy aard ooreen nie. Hy is die verpersoonliking van liefde; daar is geen duisternis in Hom nie.

Wat ook al jy oorgekom het, is nie van God af as dit nie ooreenstem met dit wat Christus in sy evangelie beskikbaar gemaak het. Die lewe is geestelik en jy is verantwoordelik vir jou lewe—wat met jou gebeur. Dit gaan oor jou geloof en hoe jy dit gebruik. Jesus het in Matteus 17:20 gesê: “…En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Dit is ’n soewereine verklaring, so die vraag is: Wat gaan jy met jou geloof doen? Hoe pas jy jou geloof toe? Die Bybel sê: “Maar die regverdige sal uit die geloof lewe…” Hebreërs 10:38. Dit is jou verantwoordelikheid om jou geloof te gebruik om met lewenskrisisse af te reken. Jakobus 1:22  sê: “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.” Dit is die sleutel, om die Woord te doen. Jy oefen jou geloof uit deur die Woord toe te pas; ons is Woordpraktisyns.

As dinge nie uitwerk soos jy verwag nie, lê die fout nie by God nie, want Hy is volmaak. Omdat Hy volmaak is, moet jy iewers anders fout soek. Dalk het jy Hom of sy Woord nie goed genoeg verstaan nie. So, die regte ding om te doen, is om jou eie geloof te ondersoek soos ons in ons temavers gelees het.

Die lewe van geloof wat vir ons gegee is, is nie ’n bedrogspul nie. Die Here kruip nie agter geloof weg sodat Hy nie hoef te doen wat Hy gesê het Hy sal doen nie. Geloof werk altyd. As dit nie gewerk het nie, was dit nie geloof nie. So, hou aan groei in geloof deur jou kennis van die Woord te vermeerder.

GEBED

Liewe Vader, U is volmaak en in U is daar geen verandering of skaduwee van omkering nie. Ek neem beheer van my lewe, maak my geloof groter deur die Woord en versterk dit deur gebruik. So produseer ek oorwinnings in alle situasies en omstandighede, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Psalm 18:30; 2 Korinthiërs 1:20; Hebreërs 13:8

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *