DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONDERWERP JOU PLANNE EN BEGEERTES AAN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONDERWERP JOU PLANNE EN BEGEERTES AAN HOM

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers: As julle dink aan alles wat God in Sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou en wat julle diens aan God werklik sinvol maak” (Romeine 12:1 NLV).

Dikwels het mense begeertes wat nie strook met God se plan nie. Hulle gee nie om oor God se wil nie, daarom doen hulle wat hulle wil en hoop dat God, op ’n manier, hul dade sal aanvaar. Hulle probeer hul wil op Hom afdwing, maar dit werk nie so nie. As jy hulle vra: “Hoekom doen jy hierdie dinge?” sal hulle vir jou sê: “Ek het daaroor gebid.” So ver dit hulle aangaan, moet God hul dade en keuses aanvaar, aangesien hulle daaroor “gebid” het. Dis belaglik!

Daar’s ’n verskil tussen iets doen omdat jy daaroor “gebid” het en om iets te doen omdat God gesê het jy moet en omdat dit sy wil vir jou is. Laasgenoemde is die beste en veiligste plek om te wees, om God se doel vir jou lewe te vervul. Moet nooit jouself besig hou met dinge waarvoor jy dink jy nié God se goedkeuring nodig het nie. Net omdat ’n plan, ’n idee, of begeerte jou hele lewe lank al in jou hart is, beteken dit nie dit kom van God af nie.

Daar is mense wat met demone gebore is. Ander kry demone soos hulle grootword in ’n omgewing wat besoedel is met kwaad, boosheid en demoniese manifestasies. Dit is een van die redes waarom sommige mense grootword met morbiede begeertes wat hulle vir baie jare bybly en uiteindelik tree hulle daarvolgens op.

Maar nou dat jy wedergebore is, verwag God van jou om jou liggaam aan Hom te wy as lewende offer. Jou gedagtes moet ook op sy Woord gevestig wees, jou hart moet deur die Woord gereguleer word. Dit is die rede vir oordenking. As jy die Woord bepeins, hou dit wag oor jou gedagtes, lei dit in die dinge van God en in die rigting van sy planne en doel vir jou lewe. Moenie optree volgens die vleeslike begeertes van die gedagtes wat deur die wêreld en sy stelsels geïnspireer word nie. Bly gefokus op die Woord.

BELYDENIS

My gees, siel en liggaam is met God gevul. Ek slaan net op sy gedagtes, idees en begeertes ag. Hy werk in my om te wil en te doen volgens sy welbehae. My lewe is ’n uitdrukking van sy wil en heerlikheid. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Romeine 12:1-2; Spreuke 3:5 AMPC

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *