DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: OORWIN JOUSELF

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
OORWIN JOUSELF

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie” (Markus 8:36-37).

Daar was deur die geskiedenis honderde bekende leiers wat ander mense onderdruk het. Die hele wêreld was aan hulle onderworpe; hulle het alles onder hul diktatorskap gehad. Sommige is selfs so eerbiedig en deur ander in God se klas geplaas. Maar Jesus het gesê: “Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie” (Markus 8:36-37).

Jy moet nooit trots wees op jou vermoë om ander te onderdruk of domineer nie; leer eerder om jou gesag oor jouself te gebruik. Oorwin jouself! Dit is wanneer jy regtig wen: wanneer jy vir jouself sê: ‘Ek gaan die regte ding doen en net die regte ding sê’ en hou daarby.

As jou woorde en optrede onder jou beheer is, opsetlik onderworpe aan God se Woord, is jy gereed vir ware sukses. As jy vir jouself sê: “Niks viesliks sal uit my kom nie” en doelbewus so ’n lewenstyl deur die Woord verseker; dit is hoe jy wen.

Weier om aan sataniese verskynsels soos woede, haat, bitterheid, jaloesie en afguns uitdrukking te gee. Maak eerder seker dat almal om jou slegs die seëninge, genade en deernis van Jesus sien en ervaar. Besluit dat slegs sy liefde en werke van geregtigheid van jou na jou wêreld sal spruit.

GEBED

Geseënde Vader, dankie vir die seën en voorreg om u Woord te ontvang. My gedagtes is op u Woord gevestig; die Gees van uitnemendheid wat in my werk, bring dissipline en stabiliteit in my lewe, om vrugte van geregtigheid te produseer en u liefde te openbaar, in Jesus Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1Korinthiërs 9:25-27 NLT; Spreuke 25:28 AMPC;

Spreuke 16:32 CEV

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *