DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: OORWINNING OOR DUIWELS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
OORWINNING OOR DUIWELS

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes (Efesiërs 6:12).

Daar is mense wat hulself probeer oortuig dat demone nie werklik is nie; dat dit net ons verbeelding is. Maar hulle is verkeerd! Demone is werklik en die Satan loop graag te koop met die idee dat die bedrieëry nie bestaan nie, want hy is dol oor mense se onkunde. Maar ons temavers vertel ons dat ons baklei teen “…bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld.” Dit is bose geeste.

Tot die vasgestelde tyd wanneer hulle geoordeel gaan word, gaan die Satan en sy demone alles in hul vermoë doen om jou onder te kry, jou werk te vernietig en jou te frustreer. Maar moenie bang wees nie; hulle tel nie. In Christus het jy die oorwinning oor die Satan en al sy duistere trawante. Hulle is bloot rebelle wat oploop is en probeer amok maak en almal wat hulle toelaat frustreer. Dit is waarom jy die Woord moet ken en daarby moet hou en jou oorwinning in Christus behou. Die Bybel sê jy moet die duiwel weerstaan en dan sal hy van jou af wegvlug (Jakobus 4:7). Hoe weerstaan jy die duiwel? Met die Woord.

Dit maak nie saak of dit ’n gesondheidstoestand is wat medies onverklaarbaar is, of probleme by die werk, of in jou besigheid, of familie nie; bevestig die Woord! Efesiërs 6:13 sê: “Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan.” Wanneer die Bose jou aanval is wanneer die Satan sy brandpyle na jou toe gooi. Dis die dag van krisis; die dag wanneer die vyand jou teiken. Daardie bose dag sal kom en dit kom nie net een keer nie. Maar solank jy in die Woord is—ten volle geklee in God se wapenrusting—jy sal altyd seëvier!

Jy leef en funksioneer in die Koninkryk van die lig waar die Satan nie ’n kans staan nie. Jy leef in die oorwinning en gesag van Jesus Christus. Jy het iets wat die duiwels nie kan teenstaan nie—Jesus se Naam. Gebruik dit en seëvier heerlik, altyd!

BELYDENIS

Ek leef en funksioneer in die Koninkryk van die lig, met gesag oor die Satan en sy duistere trawante. Geen wapen wat teen my gesmee is, sal enige iets uitrig nie. Ek leef in die oorwinning en gesag van Jesus Christus en my geloof is ’n wapen ter verdediging teen die brandpyle van die bose; ’n instrument van oorwinning oor die vyand en vyandighede. Ek leef triomfantlik in Christus, elke dag. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Lukas 10:17-19; Jakobus 4:7 AMPC; Matthéüs 10:1

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *