DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
PRAAT EN SKEP WAT JY WIL HÊ
Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie (Hebreërs 11:3).
Wat ons pas in die openingsvers gelees het, openbaar jou oneindige krag en heerlikheid in Christus Jesus; wat jy kan doen met die Woord (rhema) van God in jou mond. Dink terug aan die Boek Genesis. Die Bybel sê die aarde was ’n chaotiese massa, maar nadat die Heilige Gees daaroor beweeg het, het God die Woord en alles wat Hy gespreek het in die lewe geroep. Dit is dieselfde vermoë wat Hy ons gegee het – die vermoë om wat ook al ons wil hê, te sê en tot stand te bring.
’n Belangrike sleutel hiertoe is bepeinsing. Net soos die Heilige Gees ‘gebroei’ (geswewe, vibreer) het oor die aarde se chaotiese massa – kan jy wanneer jy ’n situasie wil verander, tyd neem om God se Woord te oordink. Gedurende daardie bepeinsing, sal daar binne-in jou inspirerende woorde opkom – inspirerende woorde wat die verandering(e) wat jy begeer sal veroorsaak.
Hosea 14:2 sê: “Neem woorde met julle…” Wat wil jy in jou lewe hê? Die Bybel sê alle dinge het deur die Woord ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. So, wat wil jy skep? Moenie huil oor die situasie nie. Moenie kla oor die pyn nie! Die vraag is: “Wat wil jy sien? Wat wil jy skep uit daardie onseker situasie?” Die Bybel sê, God het gesê dat lig uit duisternis moet skyn. Moenie fokus op die probleem nie. Fokus op wat jy wil hê en spreek dit. Moenie sê: “Ek het kanker, of ek het diabetes nie.” Dit gaan nie oor wat jy “het” nie.Wat wil jy hê in die plek van daardie kanker of diabetes? God het duisternis gehad aan die begin, maar Hy het lig tot stand gepraat. Jy’s geskape na sy beeld en gelykenis, met sy vermoë in jou gees en sy Woord in jou mond. Praat en skep wat jy wil hê. Halleluja!
BELYDENIS
Ek trek voordeel uit die kreatiewe krag van God in my woorde, ek vorm my glorieryke lewe en omgewing in akkoord met God se perfekte wil vir my. Soos ek woorde van seën uitspreek oor my lewe, gesondheid, finansies, geliefdes en bediening, beweeg die Heilige Gees daaroor en dit word waar. Ek wandel in seëninge en immer toenemende heerlikheid vandag, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
2 Korinthiërs 4:13; Markus 11:23
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 119:
Users – 2
Guests – 117
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)