DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: PRAAT REG EN LEI ’N WONDERLIKE LEWE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
PRAAT REG EN LEI ’N WONDERLIKE LEWE

…Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” Daarom kan ons moed skep en antwoord: “Die Here is my hulp; daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan ’n blote mens my aandoen?” (Hebreërs 13:5-6).

Spreuke 6:2 sê: “As jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ’n strik gestel het deur jou woorde.” Hierdie Skrif onderstreep die benarde situasie waarin baie mense vandag verkeer. Hulle is gebind deur hul woorde. Dit is so belangrik dat jy, as kind van God, reg praat.

As jy reg praat, sal jy reg lewe; jou lewe sal reg uitdraai. Spreuke 18:20 sê: “Deur die regte woorde te gebruik kan ’n mens sy honger stil. Hy kan genoeg kry om te eet met wat hy sê.” Dit verwys na die woorde van wysheid wat uit jou mond stort. As jy byvoorbeeld nie arm wil wees nie, moenie armoede praat nie. Praat altyd doelbewus in ooreenstemming met die Woord oor jou lewe, finansies, besigheid, gesondheid, ensovoorts.

Spreuke 18:21 sê: “Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.” Jy sal ’n oes van goeie goed pluk, deur middel van jou woorde. Woorde is goeters met kreatiewe krag. Jou lewe vandag is die resultaat van jou woorde. Spreuke 15:4 sê: “Vriendelike woorde bring lewe…” As jou woorde vriendelik is, sal jou lewe perfek, uitstekend en inspirerend wees.

Spreuke 12:18 sê: “…’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing.” Hou jouself gesond met jou woorde. Praat geloof, sukses en vermeerdering. 1 Petrus 3:10 sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens.” Dit is ’n wet van die Gees en dit werk, of jy dit nou glo of nie. So praat reg en lei ’n  wonderlike lewe.

GEBED

My woorde is kragtig en bring oorwinnings, vermeerdering, bevordering en oorvloed vir my. Met my heilsame woorde skep ek ’n pragtige, buitengewone, opwindende, vervullende, uitsonderlike en uitstekende lewe in Christus; ’n heerlike lewe wat gevul is met voorspoed, gesondheid, vreugde en vrede. Ek wandel in Christus se heerlikheid, genade en geregtigheid, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Markus 11:23; Matthéüs 12:37 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *