Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 4 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
SIEN JOUSELF DEUR DIE WOORD

DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees (Romeine 8:1).

In ons openingsvers vertel die Gees, deur die apostel Paulus, nie vir ons dat daar twee groepe is nie: dié in Christus Jesus wat na die vlees wandel en dié in Christus Jesus wat nie na die vlees wandel nie. Dit is nie die kern van sy kommunikasie nie. Hy skets vir jou ’n prentjie van wie jy regtig is.

As jy die Nuwe Testament bestudeer en verstaan, sal jy die “spieël-beginsel” waarneem; God se Woord is ’n spieël. Jy is wat jy in die Woord sien (2 Korintiërs 3:18). Moet dus nie ons temavers lees en aanvaar dat jy nie vry is van veroordeling, of dat jy steeds “in die vlees wandel”, omdat jy soms verkeerd doen nie; nee!

Lees die 9de vers van dieselfde hoofstuk; dit verduidelik dit deur te sê: “Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon…” (Romeine 8:9). Dit is God wat praat! Waar Hy diegene in Christus Jesus, wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees, beskryf, praat Hy van jou.

Sien daarom jouself deur die Woord. Noudat jy wedergebore is, is daar geen veroordeling vir jou nie. As jy dit verstaan en daarvolgens leef, sal jy nooit weer sukkel met sondige gewoontes, slegte gedagtes, of werke van die vlees nie. Die Bybel sê: “Sonde sal nie oor jou heers nie” (Romeine 6:4); sien jouself dus so, want dit is hoe God jou sien.

God weet dat, as jy jouself sien soos Hy jou sien, jy daarvolgens sal optree. Aanvaar wie Hy jou gemaak het – sy geregtigheid in Christus Jesus – en wandel daarvolgens. Eer aan God!

BELYDENIS

Ek is ’n kind van God, met die natuur van God in my gees. Ek is geregverdig voor God, sonder skuld, vrees, minderwaardigheid, of veroordeling. Die sonde het geen mag oor my nie en ek kan nie in enige juk van slawerny verstrengel raak nie. Ek is bewus van my natuur van geregtigheid en leef daarvolgens. Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

Romeine 6:11-15; Romeine 8:2-4; Galásiërs 2:20-21

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *