DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: SONDE-VRY GEBORE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
SONDE-VRY GEBORE

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Verlos van die sonde het julle nou slawe geword van dit wat reg is voor God” (Romeine 6:18).

Paulus het dit moeilik gevind om die waarheid in die vers hierbo te kommunikeer, as gevolg van die beperking van die taal. Hy het gesê: “Ek praat op hierdie manier van slawe en base omdat dit makliker is om te verstaan” (Romeine 6:19). Hy moes die bespreking na ’n alledaagse vlak bring wat hulle kon verstaan.

Die werklikheid is dat die nuwe skepping nie van die sonde “vrygemaak” is nie; hy is eerder sonde-vry gebore; daar is ’n verskil tussen die twee. Sonde-vry gebore beteken dat jy sonder sonde gebore is. Dit is maklik om te verstaan as jy besef dat die nuwe skepping die resultaat is van die opstanding (nie die dood nie) van Jesus Christus. Jou nuwe lewe het begin met die opstanding van Jesus Christus: “Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef” (Romeine 6:4).

2 Korintiërs 5:17 sê: “Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping…” ’n Nuwe soort of tipe mens wat gebore is in geregtigheid sonder ’n verlede om van vrygemaak te word. In die Christendom word ons nie vrygemaak nie; ons is vry gebore! Dit is die werklikheid vir die een wat wedergebore is. Jy is sonde-vry. Geen wonder Romeine 6:14 sê: “Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie…”

Die konsep van sonde kan nie goed verstaan word voordat jy ’n goeie begrip van die leer van geregtigheid het nie. Waar die Bybel dus sê: “Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid” (Romeine 6:20) beteken die uitdrukking “vry van die geregtigheid’ eintlik geregtigheid-vry of “vrygestel van geregtigheid.” Met ander woorde, jy was ’n slaaf van die sonde en kon nie geregtigheid beoefen nie.

Noudat jy wedergebore is, is dit egter die teenoorgestelde; jy kan geregtigheid beoefen en vrugte en werke van geregtigheid voortbring omdat dit jou natuur in Christus Jesus is. Halleluja!

BELYDENIS

Ek is ’n nuwe skepping, ’n nuwe tipe mens, ou dinge het verbygegaan en alles het nuut geword. Ek wandel in geregtigheid en produseer werke en vrugte van geregtigheid. Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 5:17; Romeine 6:4-7

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *