Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 3 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
STEL JOU EIE GEBEDSPLAN OP

Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister (Jeremia 29:12).

Die Here het ons geroep om te bid omdat Hy van plan is om te antwoord. Dit is wat Hy in die vers hierbo vir ons sê. Dit is dus belangrik dat jy ’n plan het vir gebed. As jy nie ’n plan het vir gebed nie, sal jy waarskynlik nie bid nie. Daar is baie aktiwiteite wat jou tyd in beslag kan neem en kan verhinder dat jy bid. Jy moet doelbewus moeite doen om ’n gebedsplan op te stel en gedissiplineerd te wees; jy kan ’n alarm stel om jou te herinner. Moet nooit te besig wees om te bid nie.

Gebed is nie iets wat jy doen, net wanneer jy iets by God wil hê nie. Gebed is daardie gemeenskap met die Here waar jy met Hom praat en aan Hom aandag gee in jou gees, om te hoor wat Hy vir jou te sê het. Elke Christen moet sulke tye hê.

As dit vir jou uitdagend is om dit gereeld te doen, kan jy die Here vra om jou te lei in die beplanning van jou persoonlike gebedskedule. Moet dit nie afskeep nie. Daar is korporatiewe gebedstye waaraan jy deelneem tydens gebedsprogramme en dienste, miskien in jou kerk of selgroep, maar dit is anders as om jou eie gebedskedule te hê.

Iemand kan sê: “Wel, ek bid een keer per week; nie elke dag nie.” Nee, dit is nie goed genoeg nie. Hou ’n gebedskedule vir elke dag, want dit help jou om elke dag ’n geestelike bewustheid hê. Jy mag dan wonder: “Hoe lank moet ek bid?”

Dit is nie vir my om te sê hoe lank jy moet bid nie, maar jy sal weet as jy nie lank genoeg gebid het nie, want dit is ’n verhouding tussen jou en die Here. As jy dink dat jy nie genoeg bid nie, voeg dan meer tyd by! Hoe meer tyd jy in der waarheid aan gebed spandeer, hoe nuttiger is dit vir jou, want afgesien van die feit dat jy met die Here praat, word jou gees opgebou terwyl jy bid.

Nie net dit nie, daar is ook die opvoeding van jou gees. Niemand voed jou op soos die Heilige Gees nie. In daardie atmosfeer van gebed leer Hy jou; Hy bring vir jou inligting wat jou verlig en lei. Eer aan God!

GEBED

Liewe Vader, ek is dankbaar vir die geleentheid om deur middel van gebed in deurlopende gemeenskap met U te wees. Ek is gedissiplineerd in gebed en selfs nou bid ek vir die redding van siele regoor die wêreld, dat hulle harte oop sal wees om die evangelie van Christus te aanvaar en gered te word. Ek bid ook vir Christene wat siek is in hul liggame, dat groot genade oor hulle uitgestort sal word vir genesing, herstel en dat ’n gevoel van welstand in hul sal opwel, in die Naam van die Here Jesus Christus. Amen.

VERDERE STUDIE:

Lukas 18:1; Judas 1:20; Efésiërs 6:18

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *