DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: SY KRAG, HEERLIKHEID EN GEREGTIGHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
SY KRAG, HEERLIKHEID EN GEREGTIGHEID

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water. Ek het U inderdaad in die heiligdom gesien en u krag en heerlikheid aanskou” (Psalm 63:2-3).

Al word die heerlikheid van God en die krag van God soms afwisselend in die Skrif gebruik, is dit nie presies dieselfde nie. Toe die Here byvoorbeeld vir Moses gevra het om met die rots te praat, wou God hê dat sy heerlikheid openbaar moes word. Maar Moses het eerder die rots geslaan en God se krag is openbaar.

Uit God se reaksie op wat Moses gedoen het, sien ons egter dat Hy nie tevrede was nie, want Hy het Moses berispe deur te sê: “Julle het my nie genoeg vertrou om vir die Israeliete te wys hoe heilig Ek is nie” (Numeri 20:11-12). Die punt is dus: Die heerlikheid is groter as die krag, want die heerlikheid is meer as net die krag van God, dit sluit ook die genade en geregtigheid van God in. Die heerlikheid van God is eintlik die term wat al sy prag en geregtigheid omvat. Hy openbaar sy geregtigheid in sy heerlikheid. Sy krag word deur ons geopenbaar om sy doel te bereik. Tog kan hierdie mag misbruik word, soos Paulus in 1 Korintiërs 9:18 aandui: “Is daar dan vir my enige beloning? My beloning lê vir my juis in wat ek vrywillig addisioneel doen, naamlik dat ek in my werk as evangelieverkondiger die Goeie Nuus kosteloos aanbied sonder om van my reg as prediker gebruik te maak.” Dit is dus moontlik vir iemand om die krag van God te misbruik, maar jy kan nooit God se eer misbruik nie.

Wat God wil hê, is dat ons altyd sy heerlikheid moet openbaar en om dit te doen moet jy ook in sy genade en in sy geregtigheid wandel; hulle gaan hand aan hand.

GEBED

Dankie Here, dat U my ’n lig in ’n donker wêreld gemaak het; my lig skyn oral. Ek beïnvloed my wêreld, nie net met u krag nie, maar ook met u heerlikheid, geregtigheid, wysheid en liefde vandag en altyd, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Johannes 2:11; Matthéüs 6:13b; 1 Petrus 2:9 AMPC

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *