DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES BESORG OOR ANDER SE PYN

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEES BESORG OOR ANDER SE PYN

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet”

(Galasiërs 6:2).

Jare gelede, as tiener, het ek in gebed na die Here uitgeroep oor die baie mense in die wêreld Hom nie geken het nie; oor die mensdom wat ly, sondaars, siekes en behoeftiges. Ek het die las daarvan ervaar en gedink dat die verantwoordelikheid om iets aan die pyn van gebroke mense regoor die wêreld te doen, op my rus. Ek sou snags in trane wakker word oor die behoeftiges, armes en ellendiges.

Dit het my gemotiveer om van huis tot huis, na hospitale, skole en dorpe te gaan om die evangelie te verkondig en ek doen dit tot vandag toe. Moenie jou hart verhard vir die nood en lyding van die mensdom nie. Te veel mense deurstaan so baie. Die lyding behels nie net die man wat sy werk verloor het nie; wat van sy kinders wat as gevolg daarvan heel waarskynlik nie verder kan leer nie? Dink aan klein kindertjies wat dalk albei ouers verloor het; hoe vreeslik moet die lewe nie vir hulle wees nie. Hul toekoms het somber geword.

Baie gesinne ervaar moeilike tye as gevolg van ’n geliefde wat siek is, of gesterf het; al hierdie dinge moet jou aandag trek en jou aanspoor om te bid en die evangelie met meer passie te verkondig. As ons meer mense kan red, sal daar minder pyn wees. Moenie te besorg wees oor jou eie situasie, sodanig dat jy vergeet wat ander deurmaak nie. Jou seëning lê daarin om ander te seën. Jy word opgehef as jy ander ophef. So, vind uit wat al die beskikbare en innoverende wyses is om uit te reik na diegene wat ly en pyn verduur. Moenie hul hulpkrete ignoreer nie.

GEBED

Liewe Vader, dankie vir die wonderlike werke van verlossing; dankie vir die heerlike evangelie van Christus, waardeur die lewe en onsterflikheid onthul word. Ek is daartoe verbind om die evangelie regoor die wêreld te versprei sodat baie uit sonde, armoede en ellende gebring kan word tot die glorieryke lewe in Christus. U Woord groei en heers in alle lande van die wêreld, dit verlos mans en vroue en bring hul na hul erfdeel in Christus, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Galásiërs 6:10 AMPC; 1 Johannes 3:17 GNB; Romeine 15:1

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *