DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEES OOR NIKS BESORG NIE

Moet julle dus nie bekommer en vra:
‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons
drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie.
Dit is die ongelowiges wat oor hierdie
soort dinge begaan is. Julle hemelse
Vader weet tog dat julle dit alles nodig
het (Matteus 6:31-32).

Waarom sal iemand dit lees en nog steeds
bekommerd wees oor enigiets in die
lewe? Die een wie vir jou gesê het dat jy jou nie oor
môre moet bekommer nie, is die eienaar van môre;
Hy is bewus daarvan dat alles wat jy benodig vir ‘n
uitstekende lewe, reeds beskikbaar gestel is. Weier dus
om die las van spanning en angs te hê.

Moenie bekommerd wees oor jou werk, familie,
besigheid, finansies of enigiets nie. Kommer is vrees in
‘n vermomming. Dis vrees vir negatiewe moontlikhede;
die naderende ongewenste uitkomste. Vrees lok sy
beelde. As jy byvoorbeeld bekommerd raak dat jy siek
word, sal jy vinnig genoeg siek word.

Die geneesmiddel vir bekommerd wees, is om in
God se Woord te leef. Jesus het gesê, “Kom na My
toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra,
en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle
skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig
van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe
kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my
las is lig om te dra.” (Matteus 11:28-30).

Filippense 4:6 sê,
“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar
bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God,
terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.”
Handel op die Woord. In plaas daarvan om
bekommerd te wees, vra en ontvang alles wat jy
benodig, en leef met die bewustheid van Christus
se oorwinning, genade en oorvloedige voorsienings.
Enigiets minder as ‘n lewe van absolute vreugde en
vervulling in Christus Jesus is nie God se beste vir jou
nie.

Hebreërs 4:3 sê, “Want net as ons glo, kan ons
die rus binnegaan…” God het al Sy werke van die
grondlegging van die wêreld af voltooi voordat Hy
die mens gemaak en gerus het van Sy werke. Dit is
dieselfde lewe wat Hy ons gegee het; ‘n lewe wat vry
is van sukkel.

GEBED:

Liewe Vader, dankie dat U alle vorm van angs in my
hart deur die Woord verdryf het. Ek het Satan, die
wêreld en elke krisis reeds oorwin, omdat ek bewus
was dat die Groter een in my woon. Ek leef in die
vrede en voorsiening van Christus; U het alles wat
my aangaan vervolmaak. Die vrede van God wat alle
verstand te bowe gaan, omvou my hart en gedagtes,
in Christus Jesus. Amen.

VERDERE STUDIE:

Filippense 4:6; Deuterónomium 31:6; 2 Timótheüs 1:7

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *