DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES VANDAG BLY

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEES VANDAG BLY

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

Wees altyd vol blydskap” (1 Tessalonisense 5:16 NLV).

Gister is verby en môre moet nog kom, maar vandag is vir jou gebruik. Maak daarom die beste van vandag en wees bly. Moenie in berou oor gister leef, of skrikkerig wees oor môre se onsekerhede nie. Gister se berou en vrees vir môre is vyande van vandag se geluk. God wil hê dat jy VANDAG moet bly wees!

Ons temavers sê: “Wees altyd vol blydskap.” Dit kan nie op gister toegepas word of uitgestel word na môre nie, dit is vir NOU. Of mense jou goed of sleg behandel, wees inelkgeval vol blydskap.

Dit maak nie saak dat die mense wie jy gedink het jou kan help hul rûe op jou gedraai het nie, bly vol blydskap. God het mos nooit vir jou gesê om op mense te vertrou nie (Psalm 118:8-9). Of daar geld in jou bankrekening is of nie, wees bly. As jy toelaat dat omstandighede, gebeure, of ander mense se dade jou blydskap bepaal, tree jy nie volgens die Woord op nie. Onthou, die seëning is vir die wat God se Woord toepas of daarvolgens optree (Jakobus 1:22-25). Die Woord sê wees altyd vol blydskap (1 Tessalonisense 5:16); so, beoefen dit.

Wees vasbeslote dat niks ooit jou vreugde sal steel nie. Dit is ’n besluit wat jy moet neem. Dit verg samewerking tussen jou en die Heilige Gees. Hy sê jou wat om te doen, maar jy moet besluit om dit te doen. As jy sê: “Ek gaan altyd bly wees soos die Woord van God sê, ongeag omstandighede,” sal Hy jou help daarmee.

Ja, daar is uitdagings in Christenskap. Maar die Here sê in Jakobus 1:2: “My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees”; met ander woorde, “wees bly!” Die uitdagings wat jy in die gesig staar is nie belangrik nie, maar jou reaksie daarop is wel. Jy is ’n gebore wenner, ’n oorwinnaar, niks in hierdie lewe is teen jou ingestel om jou seer te maak of van jou ’n slagoffer te maak nie. Die Bybel sê: “Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal” (Romeine 8:37). Halleluja!

BELYDENIS

My lewe is ’n bondel vreugde en geluk, want die vreugde van die Here is my sterkte! Ongeag omstandighede bly ek opgewek en vrolik vol lofprysing, want ek weet dat ek voorspoed, vrede, sukses, gesondheid en ander seëninge van diep binne my trek. Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

Filippense 4:4; Jesaja 12:3; Romeine 14:17

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *