DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WYSHEID EN LEIDING VANUIT DIE WOORD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WYSHEID EN LEIDING VANUIT DIE WOORD

Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:

“Ek weet alles wat God doen, is vir ewig” (Prediker 3:14).

Die Woord van God kan op alles in die lewe toegepas word. Die wysheid daarin is allesomvattend. 2 Timoteus 3:15 sê dat die Skrif jou wys kan maak; wys tot verlossing, waardeur die heerlikheid van God in jou geopenbaar word. Hoe meer jy die Skrif bestudeer, hoe meer verfyn en akkuraat sal jou idees wees: idees vir kreatiwiteit, innovering, perfeksie, strategie, gesondheid en welvaart.

Dit is iets wat baie Jode in Israel verstaan en benut; hulle kry hul idees vir kuns, wetenskap, tegnologie en selfs hulle weermag uit die Heilige Skrif. Hulle verstaan dat God-geïnspireerde idees onfeilbaar is. Vandaar hul ongelooflike oorwinnings en voorspoed.

Jou God-geïnspireerde idees sal elke hindernis en stelsel van hierdie wêreld oorleef en verslaan. As daar byvoorbeeld ’n ekonomiese ineenstorting is, sal jy aanhou vordering maak omdat jy van ’n hoër vlak funksioneer; jou idees en strategieë spruit uit die wysheid van die Gees deur die Woord. Geseënd is God!

Dink daaraan: wie sou kon dink dat Dawid vir Goliat, die reus van Gad, die kampioen van die Filistyne, met ’n klip en ’n slingervel sou kon neertrek? Hoe kan iemand verklaar hoe Isak gegrawe en water gevind het op dieselfde droë plek wat al die ander verlaat het? Hy het opgetree volgens die goddelike insig wat hy by die Here gekry het.

Hy was op die punt om te trek as gevolg van die droogte, maar God het gesê: “Bly in hierdie land en Ek sal met jou wees en jy sal voorspoedig wees;” dieselfde land waar daar hongersnood was. Hy het bloot gedoen wat God hom gevra het om te doen en die Bybel sê dat hy: “…baie ryk geword en sy rykdom het aanhou vermeerder” (Genesis 26:13). Moenie die wêreld se beginsels en idees vir sukses navolg nie. Maak jou hart oop vir die Heilige Gees en sy Woord vir wysheid en die regte idees wat jy benodig vir ’n lewe van toenemende heerlikheid, sukses en voorspoed.

BELYDENIS

Ek het toegang tot elke brokkie inligting wat ek benodig vir my volgende vlak van sukses. Ek het buitengewone omvang van begrip; ek is vol van die wysheid van die Gees, deur die Woord, waardeur groot dinge in my lewe en in ander se lewens gebeur. Ek sien die onsigbare en doen die onmoontlike, want my gedagtes is gesalf vir buitengewone idees van sukses. Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

Spreuke 2:6 AMPC; Efésiërs 1:17-18; Psalm 119:105

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *